Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Kamphoer deur Francois Smith

Francois Smith se bekroonde roman Kamphoer is Netwerk24 se luisterboek vir September.

Netwerk24-intekenare kan elke maand na Afrikaanse luisterboeke op Netwerk24 luister. Luister van 1 tot 30 September na Kamphoer, Francois Smith se sielkundige riller gegrond op ’n ware verhaal.

Waaroor gaan die boek?

Kamphoer

Dit is die Eerste Wêreldoorlog. In ’n Britse militêre hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore, in een van die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe, het daardie naam soos ’n liddietbom in haar lewe gebars. Sy lig haar hand om die deur oop te maak, maar dit bewe so dat sy die knop nie vasgevat kry nie. Sy moet dit doen. Sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is haar taak om getraumatiseerde soldate terug te bring na die lig. Maar as daardie soldaat die een is wat 16 jaar vroeër met sy heupe alle lig uit jou gestamp het . . .? Susan Nell se hand word loodswaar. Iets soos ’n warrelwind ruk deur haar. Sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood.

Kamphoer  is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in ’n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was.

In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.

Meer oor die skrywer

Francois Smith praat in sy huis in Wynberg oor sy debuutroman, Kamphoer. Foto: Liza van Deventer

Dr. Francois Smith, skrywer en ’n lektor by die departement Afrikaans en Nederlands; Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy debuutroman, Kamphoer (2014), is met die ATKV-Prosa-toekenning en die Sala vir Beste Debuutwerk bekroon en sy vertaling David Kramer: ’n Biografie is ook met ’n Sala-letterkundetoekenning bekroon.

Luister na die boek

Luisterboeke op Netwerk24

Netwerk24 en NB Uitgewers gaan elke maand luisterboeke op Netwerk24 beskikbaar stel.

  • Die boek is slegs beskikbaar vir Netwerk24-intekenare.
  • Die boeke is tot 30 September op Netwerk24 beskikbaar en sal daarna met 'n ander luisterboek vervang word. Begin daarom sommer vandag nog luister!
  • Jy kan op jou rekenaar of binne ons app na die luisterboeke luister.
  • Maak seker jy het die jongste weergawe van die app as jy die boek op jou selfoon wil luister.
  • Maak seker jou wifi is aangeskakel as jy die boek begin luister.

Meer oor:  Francois Smith  |  Kamphoer  |  Nwluisterboeke  |  Luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.