Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Katryn - Vrou van die Richtersveld

Intekenare kan in September op Netwerk24 na Jan Huisamen se Katryn: Vrou van die Richtersveld luister. Die aangrypende verhaal is Netwerk24 se luisterboek van die maand. Intekenare kan tot 30 September na ’n voorlesing daarvan op Netwerk24 luister.

Katryn

Waaroor gaan die boek?

Dit vertel die verhaal van ’n ongeletterde Namavrou van die Richtersveld wat in die 1950’s van moord aangekla word en besluit om haar eie verdediging in die hof te behartig. Katryn Jonis staan in die hooggeregshof in Kaapstad tereg op aanklag van moord. Die oorledene is die seun van haar aartsvyand, Abraham Klink. Wanneer sy agterkom die pro deo-advokaat glo nie in haar onskuld nie, besluit sy om haarself te verdedig. Sonder advokaat of ooggetuies, met al die omstandigheidsgetuienis teen haar, moet Katryn voor die regter om haar lewe veg. Sy het net één wapen tot haar beskikking: dat sy die waarheid praat.

Meer oor die skrywer

Huisamen is in 1925 op Nigramoep in Namakwaland gebore. Hy het in die Richtersveld grootgeword en vir die skryf van Katryn se verhaal dus baie gesteun op sy kennis en herinneringe van daardie wêreld. Hy is in 2011 op 85 jaar dood.

LUISTER DIE BOEK HIER:

Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommerd wees nie! Hoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir ’n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke steeds op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

NOVEMBER 2019: Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis

DESEMBER 2019: Die blou van onthou deur Marita van der Vyver

JANUARIE 2020: Eindspel van Wilna Adriaanse en Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert

FEBRUARIE 2020: Plekkie in die son deur Ena Murray en 'n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo.

MAART 2020: Kringe in 'n Bos deur Dalene Matthee.

APRIL 2020: Man van Cirene

MEI 2020: Hykie Berg: My Storie

JUNIE 2020: Elders


Meer oor:  Luisterboeke  |  Nw24luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.