Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Kringe in 'n bos

Intekenare kan in Maart na een van die mees geliefde Afrikaanse romans op Netwerk24 te luister.


Dalene Matthee se eerste bosroman, Kringe in ’n bos, is Netwerk24 se luisterboek van die maand.

Intekenare kan tot 31 Maart gratis na ’n voorlesing van dié boek op Netwerk24 luister.

Kringe in 'n Bos
Waaroor gaan die boek?

Saul Barnard is ’n houtkapper met ’n rustelose siel. Hy wil vreemdes uit die bos hou en die vernietiging van die bos probeer keer. Dan is daar die legendariese olifantbul, Oupoot, wat losbreek van sy trop . . .

Oupoot en Saul het ’n vreemde band. In die groen skemerwêreld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul, deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg verneder en Oupoot eindeloos deur jagters agtervolg. ’n Man en sy dierbroer – saamgegooi in ’n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word.

Saul volg Oupoot se spoor, al nader aan die waarheid wat sy lewe vir altyd sal verander.

Oor die skrywer

Dalene Matthee (1938-2005) het internasionale roem verwerf met haar bosromans, Kringe in ’n bos (1984), Fiela se kind (1985), Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003). Meer as ’n miljoen eksemplare van haar boeke is al verkoop en haar werk is in sowat 14 tale vertaal, onder meer Engels, Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands.

Luister hier na die boek: 


Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommerd wees nie! Hoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir ’n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke steeds op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

NOVEMBER 2019: Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis

DESEMBER 2019: Die blou van onthou deur Marita van der Vyver

JANUARIE 2020: Eindspel van Wilna Adriaanse en Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert

FEBRUARIE 2020: Plekkie in die son deur Ena Murray en 'n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.