Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Liewe Heksie

Liewe Heksie was Netwerk24 se kinder-luisterboek vir September.

Liewe Heksie

Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie stories maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers.

Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksiestories,spesiaal aangepas vir 3 tot 6 jariges. Besondere volkleur illustrasiesdeur Vian Oelofsen vergesel die teks en beeld Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Karel Kat, Koning Rosekrans en al die geliefde karakters in Blommeland op ’n moderne, maar tog herkenbare wyse uit.

In Liewe Heksie: Leesboek 1 kry Heksie ’n verjaardag, Heksie en Blommie Kaboutersing in die straat om geld in te samel vir Blommeland se nuwe hospitaal, en Heksie spog op die strand met haar unieke bikini.

Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

Oor die skrywer

Verna Barbara Robertson Vels is op 13 Junie 1933 op Reitz in die Vrystaatgebore. Die Liewe Heksie stories is aanvanklik as radioverhale aangebied en die eerste een is in 1961 op die kinderprogram Siembamba uitgesaai.


Meer oor:  Nwluisterboeke  |  Luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.