Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: 'Merk' deur Rudie van Rensburg

HOOR HIER, BOEKWURMS!  Ervaar die nuwe donker dieptes van Rudie van Rensburg se skryfwerk in hierdie maand se luisterboek, Merk. Intekenare kan vanaf 1 September na ons jongste luisterboek luister.


Waaroor gaan die boek?

Kassie is terug! Gaan saam met dié speurder op 'n
Kassie is terug! Gaan saam met dié speurder op 'n nuwe reis in ons jongste luisterboek, 'Merk'.

Kassie Kasselman het geglo sy dae as speurder is getel ná die afgryslike Medusa-pedofielsaak en sy hartaanval. Die talle noue ontkomings in sy polisieloopbaan van 36 jaar het by hom bly spook. 

Maar ses maande by die huis bring perspektief: Hy is ’n speurder in murg en been. 

Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi toe hulle opdrag kry om ’n reeksverkragter vas te trek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk, soos boere met hul vee. Die saak kry ’n nog grusamer kinkel toe een van die slagoffers wreed vermoor word. Kassie en die kriminele profileerder wat aan hul eenheid toegewys word, stamp boonop koppe. 

Is die verkragter die man wat deur sy kennisse beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers inbrand? 

Neem kennis dat daar ontstellende tonele in die boek is.

Luister hier:

Meer oor die skrywer

Rudie van Rensburg deur Brenda Veldtman
Rudie van Rensburg Foto: Brenda Veldtman

Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al nege uiters gewilde spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze, Ys, Medusa, Vloek en Merk, en die komiese romans Hans steek die Rubicon oor en Hans gee Herklaas horings. Kamikaze was die 2018-wenner van die ATKV Woordveertjie vir Spanningsfiksie. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.