Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: ''n Baie lang brief aan my dogter' deur Marita van der Vyver

HOOR HIER, BOEKWURMS: Ons volgende luisterboek is die jeugmemoires van een van die gewildste skrywers in Afrikaans! ’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver is ons jongste luisterboek. Intekenare kan hierdie luisterboek tot einde Augustus geniet. 

Waaroor gaan die boek?

'’n Baie lang brief aan my dogter' deur Marita van der Vyver is ons jongste luisterboek.

’n Baie lang brief aan my dogter is Marita van der Vyver, een van Afrikaans se mees geliefde skrywers, se ontroerende jeugmemoires. Hierin vertel ’n Afrikaanse ma vir haar Franse dogter van haar grootwordjare in die sestigs en sewentigs, in die bloeityd van apartheid.

Maar dit is ook ’n storie oor taal en boeke en die wonderwerk van woorde. En hoe dit gekom het dat ’n skaam boekwurm uit ’n Afrikaanse middelklasfamilie, wat slegs ’n geslag vroeër nog werkersklas was, ’n skrywer geword het.

Dis ’n boek wat die meeste mense nie sal kan neersit nie omdat dit ’n speurtog is deur ’n skrywer se beginjare en ’n liefdesbrief is aan ’n dogter en aan ’n taal en aan ’n land. En ’n ma se poging om sin te maak van hierdie onverskillige en wrede wêreld waarin sy haar nou begewe.

Luister nou:

Meer oor die skrywer

04-11-2019 NETWER24 STEMME Onderhoud met die skry
Marita van der Vyver

Marita van der Vyver het drie romans vir jonger lesers geskryf voordat haar eerste volwasse roman,

Griet skryf ’n sprokie, die literêre landskap verander het. Sedertdien is sy ’n voltydse skrywer met vele topverkopers agter haar naam, soos Dis koue kos, skat, Die dinge van 'n kind en Griet kom weer. Sy woon in Frankryk.

Jy het meer tyd om luisterboeke klaar te luister.

Intekenare het nou meer kans om na top- Afrikaanse literatuur op Netwerk24 te luister! 'n Nuwe luisterboek word elke tweede maand aan ons intekenare bekend gestel.

KYK WEER! Marita van der Vyver gesels oor haar nuwe boek

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.