Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: 'n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo

Intekenare kon tot 29 Februarie na twee liefdesverhale op Netwerk24 luister.

Luister in die maand van die liefde na Helena Hugo se liefdesroman, 'n Tuin vir Tessa en Ena Murray se Plekkie in die son.

Dié boeke is net tot die einde van Februarie op Netwerk24 beskikbaar voor dit met nuwe boeke in Maart vervang gaan word. Spring sommer vandag weg en luister lekker saam!

Waaroor gaan 'n Tuin vir Tessa?

n Tuin vir Tessa

Ná ’n wrede plaasaanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familieplaas en trek stad toe. Aanvanklik gaan dit goed, maar die een ramp na die ander tref Altus se onderneming. Dit gaan so sleg met die onderneming dat dit onder sekwestrasie geplaas word.

Van dit alles weet Tessa niks. Altus raak toenemend gespanne, hy kom laat van die werk af en onttrek hom van haar en hul seuns. Alles word vir hom te veel en Altus speel oop kaarte met Tessa.

Bankrotskap is sy voorland. Die motors, die huis en die inhoud daarvan moet alles opgeveil word om hom uit die tronk te hou.

Uiteindelik knak Altus. Die balju slaan toe en Tessa en die seuns staan alleen. Haar beste vriendin Elaine en dié se vervreemde man staan hulle by. As troos bring sy ook die dominee saam. Toe die gemeente betrokke raak, stroom hulp van alle kant af in. Dit lyk of alles miskien kan uitwerk, maar Tessa kry die skok van haar lewe toe sy teruggaan om vir ou laas deur haar huis te loop.

Die boek word deur Joanie Combrink voorgelees.

Meer oor Helena Hugo

Helena Hugo
Helena Hugo. Foto: Hannerie de Wet

Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf topverkopers en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.

Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommerd wees nie! Hoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir ’n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke steeds op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

NOVEMBER 2019: Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis

DESEMBER 2019: Die blou van onthou deur Marita van der Vyver

JANUARIE 2020: Eindspel van Wilna Adriaanse en Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert

Meer oor:  Ena Murray  |  Helena Hugo  |  Joanie Combrink  |  Luisterboeke  |  Nwluisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.