Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: 'Onsigbaar' deur Deon Meyer

Aandag, Deon Meyer-liefhebbers: Intekenare kan vanaf Mei op Netwerk24 na die topspanningsroman Onsigbaar deur Deon Meyer luister. Onsigbaar is Netwerk24 se jongste luisterboek en intekenare kan tot 30 Junie die voorlesing daarvan op Netwerk24 geniet.

Waaroor gaan die boek?

'Onsigbaar' is ons jongste luisterboek!
'Onsigbaar' is ons jongste luisterboek!

Lemmer se Eerste Algemene Wet: Moenie betrokke raak nie. Hy pas dit veral toe in sy werk as vryskut-lyfwag by Body Armour, waar hy laag af is op die pryslys, want hy’s die een met die kriminele rekord, die gebrekkige sosiale vaardighede en die baie kort humeur. Toe die mooi, ryk Emma le Roux hom huur en begin vertel van onwaarskynlike bedreigings en ’n broer wat sy vas glo ná 20 jaar soos ’n Lasarus uit die dood uit opgestaan het, stof hy ook ’n ander ou Wet af: Moenie klein vroue vertrou nie. Maar wat, welvarende mense lieg en as dit ál gevaar is wat hy moet hanteer, dan vat hy die geld, baie dankie. Daarom vlieg hy op 26 Desember saam met haar Laeveld toe – en só begin ’n koorsagtige tog deur ’n wêreld van gierigheid en korrupsie, ekologiese stryde en sameswerings . . . en moord. In ’n lokval skiet hulle boonop vir Emma. Lemmer het nog nooit as ’n lyfwag gefaal nie, en om sy vyande te identifiseer gaan lewensgevaarlik wees, want hul ontmaskering gaan internasionale implikasies hê. Maar Lemmer is siek en sat daarvoor om onsigbaar te wees. Iemand moet betaal – en hy gaan nie rus voordat dié rekening nie vereffen is nie.

Luister hier:

Meer oor die skrywer

Deon Meyer
Deon Meyer

Internasionaal bekende skrywer Deon Meyer woon opStellenbosch. Sy publikasies sluit in twaalf misdaadromans (ondermeer 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus,2015, Koors, 2016, en Prooi, 2018). Orion, Proteus en Infanta is metdie ATKV­prosaprys bekroon en Prooi met die ATKV­prys virSpanningsfiksieDie internasionaal bekende skrywer Deon Meyer woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in 12 misdaadromans, onder meer 13 Uur (2008), Spoor (2010), 7 Dae (2011), Kobra (2013), Ikarus (2015), Koors (2016), en Prooi (2018). Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV­-prosaprys bekroon en Prooi met die ATKV­-prys vir spanningsfiksie.

Jy het meer tyd om luisterboeke klaar te luister.

Intekenare het nou meer kans om na top- Afrikaanse literatuur op Netwerk24 te luister! 'n Nuwe luisterboek word elke tweede maand aan ons intekenare bekend gestel.



Meer oor:  Onsigbaar  |  Deon Meyer  |  Spesiale Projekte  |  Luisterboek  |  Nb Uitgewers  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.