Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Op pad deur Dana Snyman

Dana Snyman se reisjoernaal Op pad was Netwerk24 se luisterboek van die maand in Julie 2019. Die boek was tot 31 Julie op Netwerk24 beskikbaar. Luister elke maand na 'n nuwe luisterboek op Netwerk24.

Dana Snyman se reisjoernaal, Op pad, is die Afrikaanse luisterboek wat in Julie op Netwerk24 beskikbaar is. Fiona Moodie se Noko en die Koel Katte is die kinder-luisterboek vir die maand.

Waaroor gaan die boek?

Op Pad: 'n Reisjoernaal, deur Dana Snyman

Dana Snyman se aweregse reisjoernaal vertel twee stories: In deel een is Dana op pad saam met die TV-­span van sy reeks, Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook ’n innerlike reis.

Ná besoeke aan Orania, sy ouma­hulle se ou erf, Adriaan Vlok (met sy plastiek voetwasskottel) en President Zuma se niggie, vind hy nuwe hoop – en kom hy uiteindelik huistoe met Blackie, die weggooihond van die N1.

In deel twee beleef Dana die Rugby Wêreldbeker saam met uiteenlopende rugbyliefhebbers. Hy kuier in kroeë, klubs, township­huisies; saam met oom Frik du Preez en saam met Joost. Hy ontvang ook ’n enigmatiese Valentynsboodskap.

Op pad is Dana se eerlikste boek nog, soms skreiend so. Dié boek vra lesers om saam met hom op ’n nuwe reis te gaan, weg van vooroordele en wantroue, na ’n plek van genade en hoop.

Wenke om die boek te luister:

  • Die boek is slegs beskikbaar vir Netwerk24-intekenare.
  • Die boek is tot 31 Julie op Netwerk24 beskikbaar en sal daarna met 'n ander luisterboek vervang word. Begin daarom sommer vandag nog luister!
  • Jy kan op jou rekenaar of binne ons app na die luisterboeke luister.
  • Maak seker jy het die jongste weergawe van die app as jy die boek op jou selfoon wil luister.
  • Maak seker jou wifi is aangeskakel as jy die boek begin luister.

VIR KINDERS: Luister na Fiona Moodie se kinderboek, Noko en die Koel Katte, eksklusief op Netwerk24 in Julie.

Meer oor:  Dana Snyman  |  Nwluisterboeke  |  Luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.