Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Plekkie in die son deur Ena Murray

Intekenare kon tot 29 Februarie na twee liefdesverhale op Netwerk24 luister.

Luister in die maand van die liefde na Ena Murray se Plekkie in die son en Helena Hugo se liefdesroman, 'n Tuin vir Tessa.

Dié boeke is net tot die einde van Februarie op Netwerk24 beskikbaar voor dit met nuwe boeke in Maart vervang gaan word. Spring sommer vandag weg en luister lekker saam!

Waaroor gaan Plekkie in die son?

Plekkie in die son.

’n Plekkie in die son, dis al wat Karen Viljoen vra. Maar die pragtige donkerkop is melaats verklaar.

Dié oordeel dryf haar uit haar huis, haar droomhuwelik met Otto, haar baba – tot in Genadendal, inrigting vir melaatses. Kan Otto se liefde dié vuurproef deurstaan? Daar is Beatrice, en die wette van die natuur. Selfs al word Karen dalk eendag genees verklaar, sal die gemeenskap haar nie maar weer verwerp nie?

Eenmaal melaats, altyd melaats. In Genadendal, en by ’n simpatieke dr. Tertius Louw, vind Karen God se genade is tog genoeg – ook vir melaatses. Maar waar is haar eie plekkie in die son?

Die boek word deur Frieda van den Heever voorgelees.

Meer oor Ena Murray

Ena Murray
Ena Murray

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike dokter, en dis hier waar haar groot belangstelling in die medisyne ontstaan het.

Verskeie van haar verhale het dan ook ’n hospitaal as milieu. Sy het in Mosselbaai afgetree en is in Junie 2015 dood.

Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommerd wees nie! Hoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir ’n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke steeds op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

NOVEMBER 2019: Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis

DESEMBER 2019: Die blou van onthou deur Marita van der Vyver

JANUARIE 2020: Eindspel van Wilna Adriaanse en Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert

Meer oor:  Ena Murray  |  Helena Hugo  |  Joanie Combrink  |  Luisterboeke  |  Nwluisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.