Netwerk24-intekenare kon in Februarie na die bekroonde misdaadskrywer Irma Venter se vierde boek uit die bekende S-boekreeks luister. Skarlaken was Netwerk24 se luisterboek vir Februarie.

Sarah en Jaap is albei aweregse karakters en is teenpole van mekaar. In 'Skarlaken' snoer hulle kragte saam om ’n raaiselagtige reeks moorde op te los.
Waaroor gaan die boek?
In die vierde boek in Venter se misdaadreeks is Jaap Reyneke en Sarah Fourie aan die woord en Ranna en Alex het in die agtergrond verdwyn, vir eers. Die roman begin op 'n hoë noot met 'n skouspelagtige moordtoneel wat onmiddellik aan landskapkuns herinner: 'n voornemende bruid grotesk gerangskik, in haar trourok op 'n fiets, met vliegbril en rooi lap, omgeval in 'n bevrore pan. Jaap Reyneke, afgetrede polisieman, het 'n laaste kans om die raaisel om die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Sy enigste hoop is Sarah Fourie, 'n rekenaargenie met 'n misdaadrekord en min of geen sosiale vaardighede nie. Janien Steyn was op die oog af ’n suksesvolle kunstenaar met 'n slag vir besigheid en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Maar waarom het sy dan haar rekenaar se geheue voor haar dood skoongevee
Meer oor die skrywer

Irma Venter
Irma Venter is 'n bekroonde joernalis in Johannesburg. Haar romans, die sogenaamde S-boeke, sluit Skoenlapper (2012, wenner van die ATKV-prys vir spanningsromans), Skrapnel (2013), Sondebok (2014), Skarlaken (2015), Sirkus (2017), Sondag (2018) en Sewe-en-veertig (2019) in. Sy is die eerste Suid-Afrikaanse skrywer wat internasionaal deur Amazon Crossing uitgegee word