Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEK: Stormkind deur Riana Scheepers

Riana Scheepers se roman Stormkind is Netwerk24 se luisterboek vir Oktober.

Intekenare kan elke maand na Afrikaanse luisterboeke op Netwerk24 luister. Luister van 1 tot 31 Oktober na Riana Scheepers se roman, Stormkind.

Waaroor gaan die boek?

Stormkind

Jana was net drie jaar oud toe haar ma tydens ’n besoek aan Ierland spoorloos verdwyn het. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm ’n paar jaar later steeds oor sy pragtige vrou wat hom met haar fluitmusiek betower het. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, dieselfde wind wat ’n hele huis kan optel en anderkant die berge kan neersit.

Maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri - ’n klein meisie, bruin soos klip, met net ’n velletjie om haar heupe en ’n wit stringetjie krale om haar nek. !X’uri kom uit ’n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.

Stormkind is ’n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans.

Meer oor die skrywer

Riana Scheepers
Riana Scheepers

Scheepers is op 9 Desember 1957 in Vryheid, KwaZulu-Natal gebore. In 1990 debuteer sy met die kortverhaalbundel, Die ding in die vuur, wat met die ATKV- en FAK-prys bekroon word. In 1992 ontvang sy die Eugène Maraisprys vir haar tweede bundel, Dulle Griet. Sedertdien is haar boeke topverkopers in Suid-Afrika en in die buiteland.

LUISTER NOU NA DIE BOEK:

Lesers het tot 31 Oktober tyd om Stormkind te luister. Geniet dit!

Luisterboeke op Netwerk24

Netwerk24 en NB Uitgewers gaan elke maand luisterboeke op Netwerk24 beskikbaar stel.

  • Die boek is slegs beskikbaar vir Netwerk24-intekenare.
  • Die boeke is tot 31 Augustus op Netwerk24 beskikbaar en sal daarna met 'n ander luisterboek vervang word. Begin daarom sommer vandag nog luister!
  • Jy kan op jou rekenaar of binne ons app na die luisterboeke luister.
  • Maak seker jy het die jongste weergawe van die app as jy die boek op jou selfoon wil luister.
  • Maak seker jou wifi is aangeskakel as jy die boek begin luister.

Meer oor:  Riana Scheepers  |  Huppelkind  |  Nwluisterboeke  |  Stormkind  |  Luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.