Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
LUISTERBOEKE: 2 liefdesverhale in Februarie op NW24

Dis die maand van die liefde en Netwerk24 wil sy intekenare bederf met nie één nie, maar twéé liefdesverhale om in Februarie na te luister.

Intekenare kan tot 29 Februarie na Ena Murray se Plekkie in die son en Helena Hugo se ’n Tuin vir Tessa net op Netwerk24 luister.

Dié boeke is net tot die einde van Februarie op Netwerk24 beskikbaar voor dit met nuwe boeke in Maart vervang gaan word. Spring sommer vandag weg en luister lekker saam!

Waaroor gaan Plekkie in die son?

Plekkie in die son.

’n Plekkie in die son, dis al wat Karen Viljoen vra. Maar die pragtige donkerkop is melaats verklaar.

Dié oordeel dryf haar uit haar huis, haar droomhuwelik met Otto, haar baba – tot in Genadendal, inrigting vir melaatses. Kan Otto se liefde dié vuurproef deurstaan? Daar is Beatrice, en die wette van die natuur. Selfs al word Karen dalk eendag genees verklaar, sal die gemeenskap haar nie maar weer verwerp nie?

Eenmaal melaats, altyd melaats. In Genadendal, en by ’n simpatieke dr. Tertius Louw, vind Karen God se genade is tog genoeg – ook vir melaatses. Maar waar is haar eie plekkie in die son?

Die boek word deur Frieda van den Heever voorgelees.

Meer oor Ena Murray

Ena Murray
Ena Murray

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike dokter, en dis hier waar haar groot belangstelling in die medisyne ontstaan het.

Verskeie van haar verhale het dan ook ’n hospitaal as milieu. Sy het in Mosselbaai afgetree en is in Junie 2015 dood.

Waaroor gaan ’n Tuin vir Tessa?

n Tuin vir Tessa

Ná ’n wrede plaasaanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familieplaas en trek stad toe. Aanvanklik gaan dit goed, maar die een ramp na die ander tref Altus se onderneming. Dit gaan so sleg met die onderneming dat dit onder sekwestrasie geplaas word.

Van dit alles weet Tessa niks. Altus raak toenemend gespanne, hy kom laat van die werk af en onttrek hom van haar en hul seuns. Alles word vir hom te veel en Altus speel oop kaarte met Tessa.

Bankrotskap is sy voorland. Die motors, die huis en die inhoud daarvan moet alles opgeveil word om hom uit die tronk te hou.

Uiteindelik knak Altus. Die balju slaan toe en Tessa en die seuns staan alleen. Haar beste vriendin Elaine en dié se vervreemde man staan hulle by. As troos bring sy ook die dominee saam. Toe die gemeente betrokke raak, stroom hulp van alle kant af in. Dit lyk of alles miskien kan uitwerk, maar Tessa kry die skok van haar lewe toe sy teruggaan om vir ou laas deur haar huis te loop.

Die boek word deur Joanie Combrink voorgelees.

Meer oor Helena Hugo

Helena Hugo
Helena Hugo. Foto: Hannerie de Wet

Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf topverkopers en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.

Laaste paar dae om na Januarie se boeke te luister

Daar is nog net 'n paar dae oor om gratis na Januarie se luisterboeke te luister. Intekenare kan tot 31 Januarie 2020 na Wilna Adriaanse se spanningsroman, Eindspel, en Elsa Joubert se roman, Die swerfjare van Poppie Nongena, luister voor dié twee boeke vervang word.

LUISTER NA EINDSPEL

LUISTER NA DIE SWERFJARE VAN POPPIE NONGENA

Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommerd wees nie! Hoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir ’n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke steeds op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

NOVEMBER 2019: Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis

DESEMBER 2019: Die blou van onthou deur Marita van der Vyver


Meer oor:  Ena Murray  |  Helena Hugo  |  Joanie Combrink  |  Luisterboeke  |  Nwluisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.