Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Maak naam in die volgende Jack Reacher-avontuur

Aanhangers van Lee Child se Jack Reacher-boeke kan nou by name in die gewilde skrywer se nuwe spanningsverhaal wees.

Lee Child

Child en verskeie ander skrywers is bereid om aan ’n liefdadigheidsveiling deel te neem waar die hoogste bod vir die persoon sal verseker dat sy/haar naam in ’n volgende roman gebruik sal word.

Child se roman Blue Moon word vir volgende jaar beplan en sy jongste avontuur van Reacher, Past Tense, word op 9 November bekend gestel.

Ander skrywers wat bereid is om ’n karakter vir ’n goeie doel te vernoem, is Margaret Atwood, Marian Keyes, Joanna Trollope, Kamila Shamsie en Julian Barnes, berig The Guardian.

Die geld uit die veiling gaan na die organisasie Freedom from Torture wat hom beywer vir die ondersteuning van slagoffers van marteling en wat hulle help om hul lewe te herbou.

Child sê oorlewendes van dié soort trauma is gebroke en sonder hoop. Daarom glo hy enige poging om hulle te help, behoort ondersteun te word.

Child sê die naam van die mens wat saam met Jack Reacher in Blue Moon sal wees, sal van ’n karakter wees wat geregtigheid laat geskied. Dit kan ’n man of vrou wees.

Atwood sê sy skryf dikwels oor mense sonder vryheid en menseregte. Daar is egter mense wat aan die lyf beleef waaroor daar dikwels net geskryf word.

Margaret Atwood

Afgesien van die bod op name, gaan verskillende artikels wat die aktrise Helen Mirren geskenk het ook op die veiling wees. Quentin Blake, bekende illustreerder van veral Roald Dahl se boeke, sal ’n opdragwerk aanvaar en die spotprenttekenaar Chris Riddell sal ’n portretstudie aanbied.

Die veiling vind op 15 November in die Savoy-hotel in Londen plaas. Kaartjies begin op £50 elk. Daar kan ook aanlyn gebie word.

Die veiling word al om die ander jaar gehou. In 2016 was die hoogste bod £2 500 om by name in die Britse skrywer Ian McEwan se volgende roman te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.