Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Maand oor om vir Ingrid Jonker-prys in te skryf

Digters of uitgewers kan nog tot 1 Maart vir die Ingrid Jonker-debuutprys vir poësie inskryf.

Debuutbundels wat verlede jaar of in 2019 uitgereik is, kom hiervoor in aanmerking.

’n Inskrywingsvorm moet voltooi word en moet saam met drie eksemplare van die digbundel ingedien word.

Ingrid Jonker Foto: Anne Fischer

Die prys word jaarliks beurtelings aan Afrikaanse en Engelse bundels toegeken. Vanjaar is dit weer ’n Afrikaanse bundel se beurt. Die digter Saaleha Idrees Bamjee het verlede jaar die prys vir haar bundel Zikr gewen en Pieter Odendaal het in 2019 met die louere weggestap vir Asof geen berge ooit hier gewoon het nie.

Jonker, bekend om digbundels soos Ontvlugting, het op 19 Julie 1965 in die see by Drieankerbaai verdrink. Ná haar begrafnis het vriende en skrywers ’n “tweede” begrafnis vir Jonker gehou, waartydens die skrywer Jan Rabie die instelling van dié prys aangekondig het. Ruth Miller was die eerste wenner met haar bundel Floating Island.

D.P.M. Botes was die eerste Afrikaanse wenner, met sy bundel Wat is ’n gewone man.

Ronel de Goede is die sameroeper van die prys en Finuala Dowling van die Engelse prys. Die kortlys word op 15 Junie en die wenner op 1 Julie bekend gemaak.

Die inskrywingsvorm en reglement is op Versindaba en LitNet by Versindaba en LitNet beskikbaar.

Die adres

Die Ingrid Jonker-pryskomitee

P.a. Protea-boekwinkel

Bergzicht Plaza

Andringastraat

STELLENBOSCH

7600

Stuur dit asseblief per koerier – nie gewone pos nie – of lewer self die pakkie af. E-pos asseblief ook die inskrywingsvorm aan De Goede by: rf@sun.ac.za.

Let asseblief daarop dat Protea-boekwinkel slegs as ontvangspunt van die bundels dien. Navrae moenie aan Protea gerig word nie, maar aan De Goede. Die komitee sê hy is groot dank aan die Protea-boekwinkel verskuldig.

Meer oor:  Ingrid Jonker  |  Poësie  |  Gedigte  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.