Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Madonsela bied Adam Small-lesing aan
Thuli MadonselaFoto:

Adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, gaan vanjaar die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) se Adam Small-gedenklesing aanbied.

Dié lesing op 23 Februarie om 11:00 word gelewer by die derde Adam Small-fees op Pniel, in die Helshoogtepas naby Stellenbosch, as deel van die SBA se Taalerfenisprogram.

Dit is ’n viering van die nalatenskap van mense wat deur hul werk ’n merkwaardige bydrae gelewer het om die diversiteit van Afrikaans sigbaar te maak.

Madonsela beklee die stoel vir sosiale geregtigheid in die regsfakulteit van die Universiteit Stellenbosch. In dié hoedanigheid onderneem sy navorsing oor maatskaplike geregtigheid en bied lesings aan in grondwetlike en administratiewe reg.

Sy is in 2014 deur Time aangewys as een van die 100 invloedrykste mense in die wêreld en in 2016 het Forbes Africa haar aangewys as sy persoon van die jaar.

Almal is welkom om die lesing in die Congregational-kerksaal (op die hv. Kloofstraat en Hoofweg) gratis by te woon.

Navrae: Jacob Meiring by 0711561169

Meer oor:  Adam Small-Fees  |  Lesing  |  Thuli Madonsela
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.