Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Marita van der Vyver skryf nuwe roman

Kaapstad. – Die bekroonde Afrikaanse ­skrywer Marita van der Vyver werk tans aan ’n ­nuwe roman waarin die terreur­aanvalle van 13 November in die Franse hoofstad deel is.

Dit heet Misverstand en speel af oor ’n paar dae in Parys, waar ’n mislukte Suid-Afrikaanse skrywer hom in die geselskap van ’n jong au pair bevind tydens die terreur­­aan­valle van 13 November.

Van der Vyver sê sy werk al van ­middel laas jaar aan die ­roman en het teen September ­besluit die storie gaan oor ’n paar dae in Parys afspeel.

Marita van der Vyver Foto: Verskaf

“Teen die tyd dat die terreuraanvalle op 13 November plaasgevind het, was ek dus al kniediep in my ­storie.

“Al wat ek toe kon doen, behalwe om om te draai en weg te hardloop en ’n ­nuwe storie te begin skryf, was om as ’t ­ware ­dieper in die water in te stap. Ek het die ­gebeure deel van die storie gemaak. Dis nie ek wat die storie gaan soek het nie, dis die storie wat my kom haal het.”

In ’n persverklaring word die roman beskryf as ’n storie “vol gitswart humor en ­ironie oor ’n hoofkarakter wat hygverhale onder skuil­name skryf en nie langer sy eie middel­matigheid kan hanteer nie. Terwyl hy ’n oorspronklike manier probeer vind om in Parys dood te gaan, word hy byna ’n slag­offer in ’n terreuraanval – wat sy naweek in Parys in allerhande onverwagse rigtings stuur”.

Van der Vyver sê sy “was lankal lus vir ’n manlike hoofkarakter – ek het al kortverhale en jeugverhale met manlike hoofkarakters geskryf, maar nog nie ’n volle volwasse ­roman uit ’n man se oogpunt nie, so dis ’n lekker nuwe uitdaging”.

Die moeilikste is om ’n ernstige onderwerp soos middeljare-moedeloosheid te verlig met humor, meestal nogal swart humor, ­sonder om laf te word en die swaartekrag van die storie te verloor, het sy gesê.

Misverstand gaan in Afrikaans en Engels by Penguin Random House verskyn en ­behoort teen die einde van die jaar of vroeg volgende jaar op die rakke te wees.

Tot op hede is 22 van Van der Vyver se boeke in Afrikaans uitgegee, insluitend ­­jeug- en kinderboeke, bundels kortverhale, rubrieke en sketse, asook kookboeke. Van die ­boeke is ook in ander tale vertaal. Haar ­roman Dis Koue Kos, Skat is met Anna-Mart van der Merwe in die hoofrol verfilm. Dit word in Junie in Suid-Afrika uitgereik.

  • Op 6 Maart om 12:00 voer Van der Vyver die woord tydens ’n ete in Tokara op die US Woordfees. Kaartjies hiervoor is uitverkoop.

Meer oor:  Parys  |  Terreur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.