Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
McGregor-fees lok ál meer van oor die land om digkuns te vier
McGregor se Gedigtefees word vanjaar vir die sesde keer aangebied. Foto: Dani’s Photos

Meer as 160 Suid-Afrikaanse digters is betrokke by die sesde Gedigtefees in McGregor – met die tema “Die klank van water” – wat van 24 tot 26 Augustus gehou word.

Deelnemers sluit in Kobus Moolman, Galeo Saintz, Douglas Reid Skinner, Patricia Schonstein, Athol Williams, Toast Coetzer, Erns Grundling, Joan Hambidge, Phillippa Yaa de Villiers, Willem Fransman, Fourie Botha en Lara Kirsten.

Daar is ook verskeie oopmikrofoonsessies wat gereël word deur die Kaapse groepe Off the Wall en Grounding Sessions. Soos elke jaar is daar op die Vrydagoggend ’n spesiale program wat vir leerlinge van omliggende skole aangebied word.

Daar is ook vanjaar opwindende aanbiedinge deur teatergroepe. The MotherTongue Project-jeugteatergeselskap, wat in McGregor gesetel is, bied Memories of Water aan. In

Erns Grundling en Toast Coetzer.

dié selfgeskrewe teks in Engels, Afrikaans en Xhosa, word digkuns, teater en musiek saamgevoeg.

Tien digters van die Life Righting Collective bring die produksie Finding Water: This Is How It Is na die fees.

’n Inisiatief wat vanjaar vir die eerste keer aangepak word, is die Helenvale Poets se Back a Buddy-projek. Hulle poog om met behulp van borgskappe en skenkings 20 jong digters uit Helenvale, ’n arm en geweldgeteisterde gebied in Port Elizabeth, na die fees te bring.

Op dié manier wil hulle vir jong mense die geleentheid gee om hulself kreatief uit te druk en om deur middel van digkuns hul medemens beter te leer ken.

Billy Kennedy, stigter van die fees, sê dit is ongelooflik om te sien hoe die fees die laaste paar jaar gegroei het.

Fourie BothaFoto: Ruben Rossouw

“Ons kry elke jaar meer en meer belangstelling van digters oor Suid-Afrika heen wat wil deelneem. Ek glo digkuns is van onskatbare waarde vir ons samelewing.

“McGregor is die volmaakte dorpie vir die viering van digkuns. Alles is binne loopafstand en die plattelandse sjarme van die dorp dra by tot ’n unieke ervaring.”

Vir meer inligting en die volledige lys van digters by vanjaar se Gedigtefees besoek https://poetryinmcgregor.co.za.

* Kaartjies is beskikbaar by Computicket by https://online.computicket.com/web/festival/poetry_in_mcgregor_2018/33964238.

Meer oor:  Digkuns  |  Mcgregor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.