Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Medeskepper van Asterix (92) dood
Albert Uderzo in 2015 saam met sy skeppings, Asterix (regs) en Obelix. Foto: Getty Images

Die legendariese strokiesprentkunstenaar Albert Uderzo is Dinsdag in die ouderdom van 92 jaar dood.

The Guardian berig die Fransman, wat onder meer die Asterix-strokiesprentreeks in 1959 saam met die skrywer René Goscinny begin het, is nié aan Covid-19 dood nie.

“Hy is in sy slaap in sy huis in Neuilly aan ’n hartaanval dood wat nie met die koronavirus verband hou nie,” het sy skoonseun Bernard de Choisy aan die Franse nuusagentskap AFP gesê.

“Hy was die afgelope paar weke baie moeg.”

Volgens die BBC het Uderzo en Goscinny die idee vir die Asterix-reeks op Uderzo se balkon uitgedink. Die eerste Asterix-strokiesprent het in 1959 in die tydskrif Pilote verskyn – en sedertdien is 370 miljoen eksemplare van die Asterix-boeke in 107 tale en dialekte opgeraap.

Uderzo het ná Goscinny se dood in 1977 ook die skryfwerk van die strokiesprent behartig totdat hy in 2009 afgetree en sy aandeel in sy uitgewery, Les Éditions Albert-René, saam met die regte vir Asterix aan die Franse uitgewer Hachette verkoop het.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Koronavirus  |  Boeke  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.