Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Meestal ’n goeie ding...

‘Of Motherhood and Melancholia’ is ’n toeganklike dog diepdelwende poging deur die Stellenbosse etnograaf en psigoterapeut Lou-Marié Kruger om haar onderhoude met ’n groep arm bruin vroue, die kompleksiteit (en geweld) van armoede, en haar eie wit bevoorregte reaksie daarop onder woorde te bring, skryf Nathan Trantraal.

Lou-Marié Kruger
Lou-Marié Kruger

Of Motherhood and Melancholia: Notebook of a Psycho-ethnographer deur Lou-Marié Kruger. Uitgewer: UKZN Press Women. Prys: R385.

Mens kan jouself indink dat Of Motherhood and Melancholia by necessity ’n swaa boek moes wies om te skryf. It is certainly ’n swaa boek om oo te skryf, swaa om te catego­rize en swaa om op al die themes yt te brei. Innie skrywer en psychotherapist Lou-Marié Kruger se eie woorde: “In Of Motherhood and Melancholia: Notebook of a Psycho-ethnographer I write about almost two decades of clinical and research encounters I have had in the Dwarsrivier Valley.”

Die groot meederheid vannie boek consist yt interviews mette groep coloured meisies en vroue van Dwarsrivier Valley, ’n impoverished community byte Stellenbosch. Die main text bestaan yt nege chapters – “Prologue”, “Home”, “Birth”, “Love”, “Labour”, “Hunger”, “Distress”, “Death” en “Epilogue” – wat gevolg wôd dee ’n short novella’s worth van notes wat ek liesers sal anraai om te lies. It add iets complex en interesting in sy eie reg.

Wat reeds in “Prologue” clear gemaak wôd, is dat Kruger ambivalent voel oo beide haa rol as wit sielkundige (sy prefer psycho-ethnographer, ethnography is die close contact study van mense binne hulle eie gemeenskap met emphasis op wat die mundane en ordinary genoem kan wôd) en as wit skrywer. “I am yet another white woman trying to write South Africa,” skryf sy, en: “I know like other white women writers that my privilege is built on crumb­ling structures.” Oo haa rol asse wit Syd-Afrikaanse researcher en psychotherapist in relation tot haa patients sê sy: “Because we have lived through apartheid, our  bodies confer on us instant membership of different worlds – those who have benefited from unearned privilege and those who have not?.?.?.”

Maa ienagge goeie self-identified wit liberal wiet dat jou witheid disclosed moet wôd byrie voodee voo jy oorie other wil skryf. Self-awareness is die cornerstone vanne civilized mind. Wat my impress van Kruger is dat sy nooit haa witheid trug in haa sak sit soese ID document ná jy jouself identify et ie. Witheid bly die elephant in the room in al die interactions tussen haa en die subjects van haa  research. Soms wôd it  directly address, anne kere wôd it gelos om te hang innie kame soese donke roekwolk wat die interviewer en interviewees kee daavan om oegkontak te maak.

Die rol vannie ma inne arm coloured gemeenskap wôd in diepte onnesoek. Tewyl ek die chapter “Hunger” lies, voelit vi my die leemte van honge wies na my transmit wôd deerie blaai. In “Hunger” beskryf ma’s die pressure en die psychological effects daavan om solely responsible gehou te wôd dat hulle kinnes iets het om te iet, inne household waa niemand wêkie of waa mense wêk vi salaries wat soe laag is dattit eintlik niks beteken ie. “Sterretjie play-acts to show us what her children are like: You come to me, you must eat. You come to me, ‘Mommy is there bread?’, ‘Mommy is there sugar?’, ‘Mommy is there coffee?’ ” It is heart-breaking in itself, maa meer soe, soes jy vêder lies en besef hoe inextricably ma’s se self-worth tied is an hulle ability om te sôg vi hulle kinnes. “Sam, another young mother, contends that if you don’t feed your child, you cannot even be called a mother.”

Ná ’n paa blaaie van lies oo ma’s wattie kan sôg vi hulle honge kinnes ie, vang ek myself ’n peanut butter sandwich iet mette groot bieke koffie drieuur innie oggend. Ek hou nie ees van peanut butter nie. Ek iet ommie leemte vol te maak wat die vrouens se stories los in my. En miskien omdat ek skuldag voel omdat ek peanut butter en brood het wat net daa staan tewyl daa families is wat venaand op leë magte gan slaap et. En môre dieselfde gan moet doen.

Baie van die stories in Of Motherhood and Melancholia voel asof it ’n physical impact op jou maak asse reader. Soms klop my hart vinnager in protest, anne kere begin my kop pyn in medelye.

Soms, unexpectedly lat it my lag. Iets wat my hardop lat lag it is die opening van een van “Labour” se subchapters (al die chapters is soe opvedeel) titled “Surveillance and exclusion”. It open met boodskappe yte groep middelklas wit mense se WhatsApp group, ek quote it hie (lightly edited vi space), wan it is vi my eintlik ’n gedig wat op sy eie staan, en wat meer sê oo wit mense in Syd-Afrika asse 1 000 page essay:

07:58 Suspicious vehicle at Flower Street CL11111
07:59 Security: On our way
08:01 Security: Silver Hyundai. Not  stolen
08:03 Security: Gardener of Flower Street 1
08:09 Security: J1 reported he also confirms he works at nr. 1, will be monitored
10:26 Two brown chickens on morning walk in Shiraz Street
10:50 I’ll adopt them!!?
10:51 They belong to our neighbours, we have them safely back in their coop
10:52 Oh, ek sal hulle gaps. Te oulik
12:58 Big group of people in Shiraz Street moving in direction houses/neighbourhood. Action unknown
12:58 Security: Sending vehicle
13:04 Security: People doing construc­tion work in the area and it’s their lunch­time now
14:12 Children busy ringing doorbells in Pinotage Road again
14:12 Security: On our way
14:28 Security: J1, removed the children and warned them
14:32 Security: J3 also found children in front of 52 Carbanet Street. Removed
15:08 Will you please come and have a look at Riesling Street a suspicious man
15:09 Security: Description of clothing?
15:09 I didn’t pay that much attention. Walking with child
16:06 Security: Man is monitored out of area
16:06: Thank you very much

Die juxtaposition vannie boegenoemde text en die onmoontlik swaa liewens wat deekom in die vrouens en meisies se vetellings kan jou soms lat voel asof daa vuur agte jou oë brand. In “Labour” beskryf ’n groep jong coloured meisies hulle fantasy liewens, ennit is sad om te besef dat wat hulle beskryf, is eintlik maa nette ordinary middelklas liewe.

Kruger se skryfstyl is detached en analytical, haa insights razor sharp en often brilliant. Die detached perspective in sukke close proximity tot ie vrouens en kinnes se vulnerability wôd somtyds overwhelming vi my, soes om inne 1800’s operating theatre te sit tewyl ie dokte vi sy audience vedydelik watte procedures hy biesag is om te gebryk. Ennit is miskien belangrik om te noem, omdat Lou-Marié Kruger as mens en as psychotherapist in constant conflict is, en die conflict stem ytie feit dat sy sukkel omme clinical distance met die vrouens te hou.

Of Motherhood and Melancholia isse diep examination van poverty wat onmoontlik is om te contain in een resensie, die beste sal wies ommit self te lies. Different goed sal vi different liesers ytstaan.

Wat vi my miskien die meeste ytstaan, is Kruger se stubborn insistence daa op om responsibility te vat vi die boek wat sy geskryf et. Ek kan ’n anne weergawe van Of Motherhood and Melancholia imagine waa Lou-Marié Kruger Annemarie Botha wôd, ’n clinical psychologist wie by ’n unidentified university wêk êrens innie Eastern- Cape. Maa Kruger refuse die safeties wat fiction writing skrywers offer. Sy refuse om die lieser te lat dink, die shortcomings, die wit privilege en bias behoot anne karakter.

Instead maak sy it heeltyd dydelik: Ek is Lou-Marié Kruger, ek wêk asse psychotherapist met arm swat en coloured vrouens, en ek voel my witheid staan baiekeer in die pad daavan. Ek kannie beslyt of ek meer goed doen as kwaad ie. Maa ek own it, en anvaar it en maak niks excuses vi my privilege ie, allow my om van use te wies.

Een van die most interesting thoughts innie boek het ek in die bedankings raakgelies: “Stephanus Muller was pivotal in saying, ‘You are in trouble. Go for it, anyway.’ After all the rewriting, I still think this is where the book is at. It will always remain an attempt at something...”

Ek dink it isse baie accurate opsomming vannie complexities van ie boek. En ek dink it is beide ’n goeie ding enne slegte ding, maa soes met die wêk wat sy doen met die vrouens van Dwarsrivier, meestal ’n goeie ding.

* Nathan Trantraal is ’n digter en rubriekskrywer van Makhanda. Sy derde bundel, Oolog (lees hier), verskyn aanstaande maand by Kwela.

Meer oor:  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.