Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Memoires ’n frappante fees

Memoires

How I Accidentally Be­came a Global Stock Photo

Shubnum Khan

PAN MACMILLAN, R290

’n Hele dekade ná Shubnum Khan se fiksiedebuut in 2011 met Onion Tears bied hierdie terugkeer vir lesers waarde vir geld wat betref vermaaklikheidswaarde, pitkos en vertroosting.

Die lieflike aanhaling deur die digter Mary Oliver, “Tell me, what is it you plan to do with your one wild and precious life?” is ’n gepaste inleiding tot hierdie vermaaklike boek oor identiteit en aanvaarding.

Dis geskryf in ’n gemaklike, gemoedelike idioom. Daar is met skeute skaterlag-humor – dis deels memoires, deels reisverslag, met ’n sterk “goedvoel-element” wat jou nie laat verstik nie.

Wat juis opval, is hoe hierdie verhaal van ’n Moslem-, Indiese, enkellopende vrou se grootwordjare, haar ambisies, drome en uitdagings die nodige outentisiteit en intimiteit weergee van daardie “een ongerepte en kosbare lewe”: jy voel onmiddellik op jou gemak met hierdie vrou, jy ervaar die nodige meelewing wanneer sy van haar moeilikste oomblikke vertel (soos om die swart skaap van ’n Indiese familie te wees en erkenning en aanvaarding na te streef), en jy vier saam met haar fees wanneer sy haar oor die wêreld heen bevind, soms onbeplan, altyd gerat om die meeste van ongewone, onvergeetlike ervarings te probeer maak.

Ek hou regtig baie daarvan dat jy ’n ontsettend sterk gevoel kry van wie die persoon agter die woorde is. Jy kan sweerlik nie help om van haar te hou nie.

As daar een les is om uit die boek te neem, dan is dit die boodskap om kennis te neem van al ons vrese, om hierdie vrese te konfronteer, en om te aanvaar dat ons soms lewenslank sal moet wroeg om hulle te bowe te kom. Khan skryf kaalvuis oor geestesgesondheid, oor “self care”, om ruimtes te navigeer as ’n vrou en gekleurde vrou, veral, en oor die tydsgees en wêreld waarin ons ons bevind – een waar daar om elke hoek en draai ’n wonderkuur is.

Ten spyte van die soms gewigtige temas bly die at­mos­feer meestal lig, humoristies, met ’n tasbare energie aan die vertelling. Ek hou regtig baie daarvan dat jy ’n ontsettend sterk gevoel kry van wie die persoon agter die woorde is. Jy kan sweerlik nie help om van haar te hou nie.

Ek verklap doelbewus so min as moontlik van die soms ongelooflike, soms absurde avonture wat Khan veral meemaak nadat sy die ouerhuis verlaat het. Kom ons wees eerlik: het jy, soos ek, tot nou toe amper niks van hierdie formidabele vrou, bagasie en al, geweet nie? Iemand wat op ’n kol internasionale mediadekking geniet het, haar aan die uithoeke van die aardbol sou bevind en haar met ’n gladde bek uit verskeie verspotte, selfs lewensgevaarlike situasies, moes red?

Hierdie ongewone memoires is sowaar ’n frappante leesfees.

Jonathan Amid is ’n taalpraktisyn van Stellenbosch.

Meer oor:  Shubnum Khan  |  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.