Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK WEER: Susan Coetzer gesels oor haar nuwe boek
Susan Coetzer is landwyd bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Foto: Phyllis Green

Elsa Winckler, gewilde en bekroonde liefdesverhaalskrywer, gaan die gesprek lei. Foto: Monette Grobler

Human & Rousseau en Netwerk24 nooi jou na ’n aanlyn gesprek met Susan Coetzer oor haar splinternuwe roman, Die uil in die ysbos. Die gewilde en bekroonde liefdesverhaalskrywer Elsa Winckler sal met haar gesels.

Skakel Woensdag 23 Junie om 20:00 in - dit is gratis vir intekenare op Netwerk24. Teken in op Netwerk24.com of laai die app af.

Susan Coetzer is landwyd bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer.

Meer as 30 000 eksemplare is verkoop van haar debuutroman, Oros vir die siel. Die uil in die ysbos is haar tweede roman wat deur Human & Rousseau uitgegee word.

Meer oor Die uil in die ysbos deur Susan Coetzer:

Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind, Joey, word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is ’n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis ’n konvensionele ouma nie.

Sy verkies die geselskap van haar storiekarakters en Sad Sack, haar getroue basset-hond, bo enige ander verhouding in haar lewe.

Saans, wanneer PTS haar tussen die mure van haar huis rondjaag en die gevoel van onheil soos ’n uil op die dak kom sit, dokter sy graag die obsessief-kompulsiewe simptome met ’n glasie wyn of twee . . .

Met kleurryke karakters en ’n fyn genuanseerde intrige, beloof Susan Coetzer se nuwe roman nie net leesplesier nie, maar ook voldoende stof tot nadenke – ’n blitsblaaier propvol humor en diepgang.

Die uil in die ysbos (Human & Rousseau) deur Susan Coetzer kan by goeie boek- en aanlyn winkels bestel word. Dit is ook as e-boek beskikbaar.
susan coetzer boekgesprek
Susan Coetzer praat op 23 Junie oor haar nuwe boek.


Meer oor:  Susan Coetzer  |  Boekgesprek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.