Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Molver in VSA bekroon vir Shaka-boek

Die Suid-Afrikaanse skrywer en illustreerder Luke Molver is in Amerika vereer vir sy boek Shaka Rising: A Legend of the Warrior Prince.

Dié strokiesboek oor die Zoeloe-koning is deur die Children’s Africana Book Awards (Caba) as die ereboek vir 2019 (2019 Honor Book) benoem, ’n prys wat toegeken word deur Amerikaanse akademici wat spesialiseer in óf Afrika-studies óf kinderliteratuur.

In die afgelope 27 jaar het die Caba-komitee net sowat 90 boeke vereer vir hul literêre gehalte en rol in die daarstel van ’n genuanseerde beeld van Afrika.

Molver word boonop geldelik ondersteun om die prysuitdeling in die Smithsonian Museum of African Art in Washington by te woon.

Shaka Rising is ’n grafiese roman in volkleur oor die lewe van die jong prins Shaka.

Luke Molver

Volgens Molver is sy uitbeelding van Shaka deels ’n familiesage, deels militêr en deels ’n geskiedenisles.

Die opvolg, Shaka Reigns, sit die verhaal voort ’n paar jaar ná die gebeure in Shaka Rising wanneer die legendariese Zoeloe-koning nuwe uitdagings soos wit setlaars en bedreigings uit sy eie koninkryk die hoof moet bied. Die boek sal later vanjaar op die rakke wees.

Molver is ’n gebore en getoë Durbaniet wat grafiese kuns studeer het. Hy het egter nie aanklank gevind by die bedryf nie en eers sy voete gevind toe hy stories deur sy eie tekeninge kon vertel.

Van sy vorige publikasies is Laugh It Off, Mamba Comix en Sunday’s Slave.

Catalyst Press het Shaka Rising uitgegee. Lapa-uitgewers is die verspreider van Catalyst Press se publikasies in Suid-Afrika.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.