Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Monster van ’n boek laat tone krul

Die vloek van Vreesbaai

De Wet Hugo & Shân Fischer

HUMAN & ROUSSEAU, R140

Jeugfiksie (11-15)

Op my gr. 5-kamp het ek en my vriende ’n spook gesien. Net die mense wat dit self gesien het, het my geglo. Ek het vir my ma daarvan vertel en toe koop sy vir my die boek Grilgrypers: Die vloek van Vreesbaai. Dit was so goed ek het dit vinnig klaar gelees.

Waaroor gaan die storie?

Miek is ’n gewone gr. 7-leerling, totdat hulle na Vreesbaai getrek het.

Daar word ’n mens se drome almal waar, die goeies én die slegtes. Een van Miek se slegte drome wat waar geword het, is dat hy geteister word deur ’n reusagtige monsterhond. (Vir my is dit die slegste monster in die boek. ’n Beter monster in die boek wat my bang gemaak het, is ’n tannie in ’n swart trourok wat ’n pop sonder oë vashou).

’n Goeie droom wat vir Miek waar word?

Hy kry vriende. Skielik bevind Miek homself in ’n fantasieverhaal vol monsters. Hy en sy vriende kom agter dit is nie net hulle wat die geheimsinnige monsters sien nie, daar is ook ander tieners by wie dit spook.

Gelukkig hou die geteister van monsters op as jy 18 jaar oud is. Miek en sy vriende gaan op ongelooflike avonture om uit te vind waar hierdie monsters en die geheimsinnige mis vandaan kom.

As ek meer van die boek vertel, dan gaan ek alles weggee.

Ek beveel die boek sterk aan, want ek hou van bangmaakstories.

Toe ek jonger was, was ’n boek soos Coraline vir my baie spannend, maar hierdie is op ’n ander vlak. Die boeke waarvan ek op die oomblik hou, soos Rick Riordan se reekse (Percy Jackson, Magnus Chase en Heroes of Olympus) het ook baie aksie, net soos hierdie Grilgrypers-boek.

Verder hou ek baie van die karakters en in hierdie boek gee ’n mens om wat met hulle gebeur.

Ek sien uit daarna dat die volgende Grilgrypers-boek in die reeks by my kom spook.

* Bestel die eBoek hier by takealot.

  • Johannes Meyer is ’n leerling in gr. 5 aan die Laerskool Stellenbosch.
Meer oor:  Human & Rousseau  |  Vermaak  |  Boekresensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.