Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Montagu-boekefees bied bielie van ’n program
Die skrywer Irma Joubert gaan ’n groot trekpleister op vanjaar se Montagu-boekefees wees. Foto: Verskaf

Boekvrate gaan met ’n druk program bederf word wanneer die jaarlikse Montagu-boekefees van 25 tot 28 Julie aangebied word.

Prof. Jonathan Jansen, voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat, sal vanjaar die fees open voordat skrywers soos Anne Dreyer Erasmus, Colin Johnson, Patricia Schonstein, Jacques le Roux (skrywer van die Boereoorlog-roman Donker Bloeisel), Theo Kemp, Don Pinnock, dr. Karina Szczurek en Melissa A. Volker op Vrydag 26 Julie met individuele sessies, voorlesings en boekbesprekings wegval.

Op die Saterdag duur die boekepret voort met skrywers soos Finuala Dowling, Tania Smit (Hekelwoorde van my hart), die avonturier en sjef David Grier, prof. Duncan Brown (Wilder Lives: Humans and Our Environments), Jopie Coetzee (Aangeraak), Shirmoney Rhode en Wilhelm Verwoerd (Verwoerd: My Journey through Family Betrayals).

Feesgangers sal waarskynlik toutrek oor kaartjies vir ’n sessie met die bekroonde topverkoperskrywer Irma Joubert, wat ’n groot trekpleister sal wees. Joubert, wat reeds nege historiese romans gepubliseer het, gaan praat oor die “storie in historiese romans” en sal heelwat uit haar eie werk voorlees.

Vanjaar se fees sluit ook ’n skryfwerksessie deur Ernie Mellett van die Amateur Skrywersbond in, asook ’n paar paneelbesprekings wat kwessies rakende landbou, godsdiens en die politiek onder die loep neem. Die politieke kommentators Jan-Jan Joubert, Leon Schreiber en prof. Christi van der Westhuizen gaan onder leiding van Jansen oor die politieke landskap ná die afgelope nasionale verkiesing in gesprek tree.

Feesgangers sal waarskynlik toutrek oor kaartjies vir ’n sessie met die bekroonde topverkoperskrywer Irma Joubert, wat ’n groot trekpleister sal wees.

Die kabaret Adam Small: Ons salueer jou, wat aan dié geliefde digter opgedra is, sal ook te sien wees. Die Tribal Echo Trio het die musiek geskryf en sal dit ook kort ná ’n kaas-en-wyn-proe-geleentheid opvoer.

’n Kaartjie vir die hele naweek (die Adam Small-vertoning en kaas-en-wyn-proe uitgesluit) kos R150. Dagkaartjies kos R100 en kaartjies vir individuele praatjies of werksessies kos R50. Bespreek by 023 614 2471.

< Voor vanjaar se boekefees word van 22 tot 25 Julie ’n skryfkursus en interaktiewe kosdemonstrasie, onderskeidelik deur die letterkundige en skrywer dr. Riana Scheepers en die Hemelhuijs-restaurant se Jacques Erasmus, aangebied.

Kaartjies vir Woord & Kos: ’n Winterfees kos R8 800, wat die skryfkursus, drie interaktiewe kookdemonstrasies asook aandete, vier ligte middagetes, ’n dorpstoer en verblyf in Jonkmanshof insluit. Kaartjies wat verblyf uitsluit, kos R4 600. Stuur ’n e-pos na mareletta@loudadvertising.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Montagu  |  Boeke  |  Fees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.