Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
’n Sagte neurie, nie ’n vol orkes
Daar is niks fout met François Bloemhof se vermoë om intrige te skep nie, maar hy moet sy sokkies optrek, skryf Herman Lategan.

Die vierde stem deur François Bloemhof. Uitgewer: Human & Rousseau. Prys: R210.

Nietemin, gebraaide hoenders vlieg niemand in die mond nie, en enigiets wat die moeite werd is, vereis inspanning. Met Bloemhof se geskiedenis dus as suksesvolle skrywer, is dit vir hierdie leser ’n bittere verleentheid om te moet sê ywer en animo het oënskynlik met die skryf van sy nuwe boek ontbreek.

Hierdie sielkundige riller lees te lig, te middelmoot, soos ’n vermoeide skrywer se broodskrywery (potboiler), of pulp­lektuur wat jy op die lughawe koop om sommer tjoef-tjaf tussen slapies op die vliegtuig klaar lees. Dalk was dit die plan? Dit is jammer om so iets van ’n skrywer wat sy storie ken te moet sê.

Herman Lategan is ’n skrywer en vryskutresensent.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.