Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
’n Gotiese roman wat nekhare sal laat rys

Fiksie

Bone China

Laura Purcell

BLOOMSBURY, R195

Gotiese letterkunde moet minstens die volgende elemente bevat: vrees vir die bonatuurlike; een indrukwekkende, dreigende kasteel of verweerde, afgeleë huis (bonuspunte vir ’n nabygeleë krans en/of moeras); en karakters wat hul geraamtes tot elke prys in die kas wil hou.

Bone China sal liefhebbers van Gotiese letterkunde se nekhare om die regte redes laat rys. Benewens bogenoemde essensiële kenmerke bevat dit ook ’n protagonis met ’n morfienverslawing, gevangenes wat proefkonyn speel vir ’n tuberkulosekuur en ’n sadistiese huishoudster wat glo bose feë-volk wil die huis se hubare jong vroue ontvoer.

Hester Why, ’n verpleegster met ’n duistere verlede, vlug na Morvoren, Cornwallis, om na Louise Pinecroft se kwynende gesondheid om te sien. Die brose vrou stel egter nie belang in haar versorger se mediese kundigheid nie – sy verkies om woordeloos na haar versameling beenporselein te sit en staar.

Creeda, die huishoudster, se bisarre rituele en die voortdurende bedreiging van kleptomaniese feë verskaf genoeg rede vir Hester om na die morfien-bottel te gryp.

Sporadiese terugflitse na Pinecroft se eie lewe as verpleegassistent vir haar dokter-pa bied leidrade oor die oorsaak van haar katatoniese toestand. Haar hardkoppigheid, Creeda, die huishoudster, se bisarre rituele en die voortdurende bedreiging van kleptomaniese feë verskaf genoeg rede vir Hester om na die morfien-bottel te gryp. Dit maak ook van haar ’n onbetroubare verteller wat moeilik onderskei tussen werklikheid en fantasie.

Benewens vir Purcell se vermoë om ’n deurlopende atmosfeer van onheil, spanning en melancholie op te roep, was die oorsprong van Pinecroft se porseleinversameling gewis die grieselrigste komponent. Ten spyte van stereotipiese, soms oordramatiese, elemente bied sy ’n vars interpretasie van die klassieke Gotiese riller.

Vergelykings word gereeld tussen Purcell en Daphne du Maurier getref en sommige aspekte van Bone China herinner wel aan Rebecca, Du Maurier se 1938-roman.

Sonja van der Westhuizen is ’n resensent van Stellenbosch.

Meer oor:  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.