Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
’n Kaapse misdaadstorm

Misdaadfiksie

The Rabbit Hole

Mike Nicol

UMUZI, R290

In Mike Nicol se The Rabbit Hole is Kaapstad ’n mikrokosmos van Suid-Afrika se sosio-kulturele skakerings, in ag genome die subkultuur wat die misdadige onderwêreld is.

Angela Amalfi is die uitvoerende hoof van die Amalfi-ingenieursmaatskappy, waarvan die hoofkantoor in Johannesburg is. Haar broer, Rej Ben Ali (voorheen Rej Amalfi), behartig die maatskappy se belange in Kaapstad. Nou wil ouboet Angela meer gereeld in die Kaap hê. Vraag is, deel hulle dieselfde visie vir die maatskappy? ’n Sakegeleentheid met die belofte van groot geld het onlangs op Rej se pad gekom en dreig om die stelling dat bloed dikker as water is, tot die uiterste te beproef.

Elders in die stad is ’n paartjie met min erg aan sosiale konvensies. Fish Pescado is ’n private speurder, nie ’n gerespekteerde nering volgens sy ma nie. Mev. Pescado het ook nie juis ooghare vir Fish se geliefde nie. Is dit haar rasbril wat verhinder dat sy van Vicki Khan hou?

Al probeer Vicki hard om ’n gewone mens – eintlik tuisteskepper vir Fish – te wees, lyk die kans dat sy haar verlede gaan afskud, nie goed nie.

Al probeer Vicki hard om ’n gewone mens – eintlik tuisteskepper vir Fish – te wees, lyk die kans dat sy haar verlede gaan afskud, nie goed nie. Sy was immers anderdag nog ’n top- geheime agent!

Kort voor lank laai die spanning tussen die Amalfi’s op. Fish kry om meer as een rede met die Amalfi’s te doen. En Vicki kom in die visier van buitelandse geheime dienste. Die tafel is gedek vir ’n Kaapse misdaadstorm met bloedige gevolge.

Dit moet uit die staanspoor gesê word dat Mike Nicol nie die leser met ’n lepeltjie voer nie. Niks minder nie as stip lees en behoorlik kophou gaan jou deur hierdie besige verhaal stuur. En om die skimme en sjibbolette te herken vir wie en wat hulle is, want die skemerwêreld van geheime operasies en georganiseerde misdaad met die suggestie van staatskaping word ’n morsige mêlée.

Nicol se eiesoortige vertelstyl en treffende aanwending van die unieke Suid-Afrikaanse tongval verleen aan die teks ’n outentieke gevoelswaarde. Die leser voel dat die storie slegs hier in Suid-Afrika kan afspeel.

Voeg daarby heerlik aweregse karakters. Humor en die werklikheid wissel mekaar deurgaans af, dikwels met die tong in die kies, om dan weer die leser gruwelik te skok.

The Rabbit Hole bewys waarom krimi-literatuur vandag hoog aangeslaan word. Spanning, aksie en ontvlugting, ja. Substansieel ook met sosio-politieke kommentaar. Op bl. 240 stel ’n buitelandse agent dit so: “. . . as you know your South African English-language news­papers are no longer purveyors of facts”. Eina.

Met ’n spanningslyn wat geleidelik opbou, wil die leser gryp na iets vir die senuwees wanneer die storie breekpunt bereik.

Francois Bekker is ’n vryskutresensent van Pretoria.

Meer oor:  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.