Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
’n Kosbare leeftyd wat bakens versit
Die skrywer Marié Heese vier vandag haar 75ste verjaarsdag. Foto: Nasief Manie

Vroeg reeds het Marié Heese, wat vandag haar 75ste verjaardag vier, geweet dat sy iets op haar eie wou onderneem waarmee sy ’n eie bydrae en merk kon maak.

Met woorde as haar instrument het sy unieke ruimtes vir begrip, prikkelende denke, ’n sin vir lewensavontuur en -vreugde verken.

Haar boeke het ’n baie wye

leserskring in Afrikaans en

leserskring in Afrikaans en

Engels met kleuters, tieners en volwasse lesers.

Engels met kleuters, tieners en volwasse lesers.

Vir die afgelope 30 jaar het twee generasies skoolkinders haar romans Die uurwerk kantel en ’n Tyd van beslissing as voorgeskrewe werk leer ken.

As jong kind is sy al geskool om die raak woord te waardeer toe haar ma, die geliefde Audrey Blignault, vir haar aan die ontbyttafel gedigte voorgelees het. ’n Frase wat haar bygebly het uit ’n gedig van Charlotte

Mew, wat handel oor die strate van Jerusalem, was later dalk onbewustelik die hoofrede waarom ’n skildery van Marjorie Wallace oor dieselfde onderwerp in haar huis hang.

Mew, wat handel oor die strate van Jerusalem, was later dalk onbewustelik die hoofrede waarom ’n skildery van Marjorie Wallace oor dieselfde onderwerp in haar huis hang.

As jy op haar lewensroete stap, ontdek jy dat sy al haar

lewenservaring tot boeke verwerk het. Die ontbytvoorlesings het gelei tot haar eerste Engelse gepubliseerde gedig – as tienjarige in

lewenservaring tot boeke verwerk het. Die ontbytvoorlesings het gelei tot haar eerste Engelse gepubliseerde gedig – as tienjarige in Die Huisvrou.

In 1971 het sy as plaasvervanger begin skryf toe haar ma ná ’n motorongeluk nie haar gereelde rubriek in Sarie kon volhou nie. Haar essays oor die avontuur van die alledaagse word gebundel as Tokkelspel, ’n vrolike boek wat ’n goeie kritiese ontvangs gehad het.

Die vergelyking dat sy net soos haar ma die genre sou kon voortsit, het haar daarvan laat wegdraai. Sy wou nie, soos sy dit gestel het, “the poor man’s Audrey Blignault” wees nie, maar iets sélf onderneem.

Hierna het kinders grootmaak haar aandag opgeëis en sy skryf die kinderboek Die Pikkewouters van Amper Stamperland, waarin woordskeppings soos “pedonkies”, “brakkevarkies”, “tamartjies” en “slakkelange” die verbeelding aangryp. Later sou hierdie “nuwe taal” of

annerlike Afrikaans van eie woordskeppings neerslag vind in haar roman

annerlike Afrikaans van eie woordskeppings neerslag vind in haar roman Vuurklip, wat oor die oermense gehandel het.

Die roman was vir haar altyd aantreklik. Sy wou wyer en dieper delf as die beperking van wat ’n essay vra. Sy wou skryf oor aspekte van die vrou in veranderde tye, die reaksie van die vrou daarop en veral hoe dit in verhoudings neerslag vind.

In haar eie lewe het sy sterk vrouefigure geken – haar twee oumas, die skrywers MER en Petronella van Heerden, om net enkeles te noem.

In 1976 verskyn haar roman Die uurwerk kantel, deels biografies, outobiografies en suiwer fiksie. Sy verkies juis die roman omdat sy agter fiksie kan skuil. Die belangrikste ervarings, veral ook die dood van haar pa, word hierin verwerk.

Met die bekendstelling sê sy aan haar ma:”Ek het my hele

lewe lank hieraan gewerk.”

lewe lank hieraan gewerk.”

Hierdie roman, ’n klein avontuur van menswees, word vir 26 jaar as ’n voorgeskrewe boek gebruik. In 2006 is dit as klassieke boek in ’n nuwe uitgawe

gepubliseer.

gepubliseer.

Hierna volg drie indrukwekkende Engelse romans: The Double Crown: Secret Writings of a Female Pharaoh, waarin Heese vir haar die uitdaging gestel het om in die antieke retoriek van daardie tydperk te skryf.

Toe volg The Colour of Purple: A Story of Theodora, Empress of Byzantium en A Triple-headed Serpent waarin sy Theodora se storie verder neem.

Haar jongste roman is die manjifieke Maestro, wat handel oor die vormingsjare van Gian Lorenzo Bernini, waarin sy haar indrukwekkende beheer oor taal, haar verbeeldingsvermoë en haar fyn en deeglike navorsing tot ’n meesterlike hoogtepunt bring.

Marié Heese het op haar eie manier bakens versit – in die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse romankuns en ook as denker, opvoedkundige en Afrikaanse taalaktivis.

Haar bydrae is blywend, inspirerend en van groot waarde.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.