Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
’n Opwindende nuwe stem

Bloed/Blut

Coreen Erasmus-Bezuidenhout

NALEDI, R220

Historiese Fiksie

Liefde, moord, onderdrukking, afpersing en homofobie.

Dís wat jy in Coreen Erasmus-Bezuidenhout se Bloed/Blut sal teëkom. As jy in die stryd tussen die Swastika en die Ster van David belangstel, is dié historiese roman vir jou.

Dit speel in 1933 in Berlyn af. Die man “met die klein snorretjie en hipnotiserende stem” – Adolf Hitler – is kanselier. Die Gestapo, die Duitsers se oë en ore, verbied nie net gay-liefdesverhoudings nie, maar ook bloedvermenging tussen eg Ariese Duitsers en Jode.

Maar dan raak Rut Friedman, Rabbi Jakob se dogter, en Helmut, seun van ’n Duitse generaal, verlief.

Max, Helmut se broer, het op die koop toe ’n openlike gay-verhouding, daarom word Helmut afgepers om ’n informant van die Gestapo te word. Hy kom af op ander homoseksuele mans in verhoudings. Ook op foto’s van ’n hoëkop-Duitser in ’n onbenydenswaardige posisie. En Rut dog Helmut is net ’n koerantverkoper!

Kan hul liefde die druk weerstaan? Rut is op die koop toe ’n selfgeldende vrou, selfs op seksuele gebied. En dít nogal in 1933!

Haar gesin, wat Ma Helga, haar mank suster, Ester, en Maria, die huiswerker, insluit, leef in vrees vir vervolging en gee daarom voor hulle is Christene. Ester teel ironies genoeg met opregte katte.

Erasmus-Bezuidenhout handhaaf ’n goeie balans tussen die politieke magstryd en die verbode liefdesverhouding.

Hede en verlede wissel mekaar soms in een paragraaf af en ellipse en uitroeptekens word oordoen.

Die skrywer kies nie kant teen Nazi of Jood nie. Hitler se sterkpunte word byvoorbeeld ook genoem, soos dat hy werkloses werk gegee en die lugmag en leër versterk het.

Karakters ontlok empatie. Hier en daar vertél een te veel, pleks dat die aksie uitgebeeld word. Gay mans word ongelukkig stereotipies uitgebeeld.

Die navorsing is deeglik, maar oorheers nie die verhaal nie. Erasmus-Bezuidenhout ken haar milieu.

Soms herinner beskrywings aan dié in (ligte) romantiese fiksie. ’n Soen is “teer” en ’n stem “skor van begeerte”.

Byvoeglike naamwoorde is oordadig. “Swaar, pienk fluweelgordyne wat met goue tossels weggebind is”, is ’n voorbeeld. Daarby word die woord “pragtige” tot vervelens toe herhaal. Clichés kom ook voor, ’n gil is “bloedstollend” en verligting “spoel” oor iemand.

Hede en verlede wissel mekaar soms in een paragraaf af en ellipse en uitroeptekens word oordoen.

Ten spyte hiervan is Coreen Erasmus-Bezuidenhout ’n opwindende stem onder historiese romanskrywers. Onthou gerus dié debuutskrywer se naam.

* Koop die boek hier by takealot.

  • Riette Rust is ’n skrywer en vryskutresensent van Welgemoed in die Kaap.
Meer oor:  Boekresensie  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.