Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
’n Prosagedig oor obsessie met die eindtye

Fiksie

The Silence

Don DeLillo

PICADOR, R330

“What happens to people who live inside their phones?” vra ’n karakter in die middel van Don DeLillo se nuwe roman. The Silence, net 116 bladsye, is self eintlik ’n skrikwekkende antwoord op dié vraag.

Dis 2022. Jim en Tessa is in ’n vliegtuig, op pad terug ná ’n vakansie in Europa. Hulle is van plan om, nadat hulle land, na hul vriende Max en Diane te gaan om die Super Bowl-voetbalwedstryd saam met hulle te kyk.

Maar die vliegtuig begin skud en tuimel . . .

Intussen maak Max en Diane reg vir die klein onthaal in hul woonstel in Manhattan.

Een gas daag op, die vreemde en intense bleeksiel Martin. Hulle gesels en maak reg vir Super Bowl kyk. Maar skielik gaan die televisieskerm af, hul fone ook . . .

Die handeling is skraal, die dialoog selfbewus en die humor wrang.

So begin die dun roman. Die handeling is skraal, die dialoog selfbewus en die humor wrang.

Dit word deur sommige resensente geloof as ’n dokument van ons tyd. Ander sê die skrywer het absoluut niks nuuts om te sê nie. En, om eerlik te wees, ek weet nóú nog nie, ná twee keer se lees, of dit ’n briljante boek is of nie, maar wat ek wel kan sê is dit: Dit het my solidly uitgefreak, hoor.

Dis ’n prosagedig oor ons obsessie met die eindtye. Alle verbindende tegnologie hou op werk. Later gaan die ligte af. Skares drom onrustig saam.

Op bl. 88 raak een karakter dit kwyt oor die donker tye waarin ons leef: “We’ve seen it happening repeatedly, this country and elsewhere, storms and wildfires and evacuations, typhoons, tornadoes, drought, dense fog [ . . .] entire buildings crumbling, skies blotted out by pollution. I’m sorry and I’ll try to shut up. But remaining fresh in every memory, virus, plague, the march through airport terminals, the face masks, the city streets emptied out.”

Dit word beskou as die eerste verwysing na die Covid-19-pandemie in die ernstige literatuur.

Dis diepdonker mymeringe dié.

DeLillo se Armageddon is egter vaag en ook aspris saamgestel uit genre-clichés: ’n sweempie buiteruimtelike aanval, ’n skeut kuberoorlog, ’n tikkie natuurramp en dan ’n hele klomp angs, maar anders as in Hollywood-rolprente is dit ’n koue, robotiese soort angs, want dit gaan hier oor hoe tegnologie ons as mense verskraal het. Skermverslaafdes moet nou in die spieël kyk eerder as na ’n skerm.

In een passasie skryf DeLillo oor hoe merkwaardig dit deesdae is as iemand iets wat hulle ontwyk – ’n naam, ’n jaartal – uiteindelik skielik onthou, sonder om dit te Google.

Dis eintlik ou temas, ja – hoe die moderne wêreld vervreem, hoe tegnologie ’n onheilspellende skaduwêreld gevorm het, een wat in sy onsigbaarheid en alomteenwoordigheid dreig.

Veral deur die karakter Martin ondersoek DeLillo die nuwe liturgie van die wetenskap. Dis diepdonker mymeringe dié.

In woorde en frases wat sommer netso opgesê word, soos ’n leë litanie, voel die leser ons kulturele skuif van metafisika na fisika-fisika aan.

Loftus Marais is ’n digter en redakteur van kykNET Verslag in gesprek.

Meer oor:  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.