Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
’n Sterk stem oor haar eie broosheid

Memoires

There Goes English Teacher

Karin Cronje

MODJAJI BOOKS, R280

Ek het gedink ek weet wat kom: interessante staaltjies oor hoe dit is om in die Ooste Engels te gee, ’n bespreking van die voordele en uitdagings, afgerond met ’n klompie oorlewingswenke en goeie raad.

Ek was lank laas so verkeerd.

Hierdie is ’n baie meer ambisieuse boek. Cronje pak die “volle katastrofe van menswees” aan en sy het baie op die hart.

Kultuurskok is maar net die begin. Haar ervarings het my plek-plek met afgryse gevul en dan weer ’n paar blaaie later hardop laat lag.

Cronje het in haar laat 40’s redelik op die ingewing van die oomblik besluit om te gaan Engels gee. Geldnood het gedruk; sy moes haar seun nog deur universiteit kry en sy het ook gedink die wegkom van alles sou haar tyd gee om haar boek klaar te skryf.

Die skryfproses en haar fiktiewe karakters hou haar kop byna so besig soos die kultuurskok van Korea.

Die skryfproses en haar fiktiewe karakters hou haar kop byna so besig soos die kultuurskok van Korea en die werklike karakters wat sy daar ontmoet het.

Met pyn en humor kerf sy uit die vreemde vir haar ’n klein maar draaglike lewe – en haar boek kom klaar.

Dis dan ook tyd om terug te keer na Suid-Afrika. Maar sy het verander en tuis het dinge ook verander. Om weer aan te pas by die plek en mense waarna sy so verlang het, is net so moeilik soos die skuif Korea toe.

Dis so erg dat sy haar vir ’n ruk by Valkenberg inboek in ’n poging om tot verhaal te kom. Haar geestesgesondheid wankel wel, maar dis ook ’n pragmatiese besluit, want sy het in daardie stadium nie blyplek gehad nie.

Die memoir dek sowat drie jaar van Cronje se lewe en sy skryf met brutale eerlikheid en ’n sterk stem oor haar eie broosheid.

Dis ’n fees om te lees en dis ’n verligting vir die leser dat daar aan die einde ’n verandering van geluk is.

In haar slotparagraaf beloof sy om aan te hou skryf. Ek’s baie bly daaroor.

Helen Schöer is ’n vryskut­resensent van Johannesburg.

Meer oor:  Boeke  |  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.