Kinderfiksie (9+)
Pieksel
Fanie Viljoen
LAPA, R145
Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen.
Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskoolonnie, mevrou Moerdyk, het ’n humeur soos ’n dreigende donderstorm. Vossie het niemand om mee te speel nie.
Maar Vossie verstaan elektroniese toestelle baie goed. Op ’n dag besluit hy om vir hom ’n maat te bou; al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters.
Pieksel, sy nuwe maatjie, neem vorm aan.
Pieksel is ’n moderne sprokie met intertekste wat tot diep in die verlede strek.