Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nataniël tik 1ste roman ‘met 1 vinger’
Nataniël Foto: Argief

Kapenaars wat Nataniël se konsert When Giants Waltz in die Kunstekaap gaan bywoon, kan na ’n ekstra bederf uitsien: Hulle sal eerste hul hande op sy debuutroman kan kry.

NB-Uitgewers het die naam van die boek, Kyk na my: Herinneringe aan ’n kindertyd, op hul Facebook-blad onthul. Die boekomslag sal eers op 5 September, ook op hul Facebook-blad, gewys word.

Hoewel die geliefde sanger en skrywer nie veel oor die roman – sy 21ste boek in geheel – wil sê nie, glo omdat dit “bad luck is om te vroeg enigiets daaroor te sê”, het hy wel gesê hy het nog nooit so hard aan ’n projek gewerk soos aan dié een nie.

“Ek het my morsdood gewerk, baie gehuil en twee keer in die hospitaal beland weens rugspasmas, want ek tik mos net met een vinger,” sê hy.

“Dit is ’n roman wat op my kinderdae gegrond is, so dit is ook ’n memoire – maar dit is nie ’n outobiografie nie. Dit is ook ’n fantasie – byna soos Harry Potter, maar net met ’n vet kind.”

Hy sê hy het dit geskryf sodat ’n internasionale gehoor daarby kan aanklank vind.

“Mense in Finland en Holland wat my nie ken nie, sal dit geniet, maar mense wat my wel ken, sal my stem herken.”

Hoewel die boek in die Kunstekaap teen ’n nog onbekende prys te koop aangebied sal word, is dit nié die boek se amptelike bekendstelling nie, sê hy. Dit word vir einde September in Gauteng beplan.

NB-Uitgewers het ook op hul Facebook-blad gesê die boek sal ook in Engels uitgereik word met die titel Look at Me: Recollections of a Childhood.

  • When Giants Waltz is van 10 tot 14 September om 20:15 en op 15 September om 15:00 in die Kunstekaap te sien. Die kaartjies kos tussen R190 en R290 en kan by Computicket bespreek word.
  • In Oktober sal When Giants Waltz ook elke Vrydag en Saterdag om 20:00 en elke Sondag om 15:00 in Emperors Palace in Kempton Park se Theatre of Marcellus opgevoer word. Die kaartjies kos tussen R128 en R490 en kan by Computicket bespreek word.
Meer oor:  Nataniël  |  Boek  |  When Giants Waltz  |  Konsert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.