Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nie vir sensitiewe lesers nie

Tot die dood ons skei

Schalk Schoombie

HUMAN & ROUSSEAU, R250

Niefiksie

’n Man wat nooit voorheen sy hand teen sy vrou gelig het nie, kan wél tot moord oorgaan. Selfs al is hy 85!

Die enigste verweer is om waaksaam en ingelig te wees. Dís waarom Schalk Schoombie se Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor ’n belangrike boek is.

In Suid-Afrika word drie vroue daagliks deur ’n ge­wese of huidige slaapkamermaat om die lewe gebring. Schoombie bespreek ook moord op swanger vroue, grusame moorde, huurmoord en gesinsmoord. Kenners ­reken juis dat Suid-Afrikaners weens hul eiesoortige frustrasies, waaronder misdaad, korrupsie en armoede, soos drukkokers is wat dreig om te ontplof.

Maar hoe kán mans só lank ná die begin van die vroueregtebeweging steeds hul vroue mishandel en vermoor? Daar is nie net een antwoord nie. Die patriargaat speel wel ’n belangrike rol. Volgens die Anglo-Amerikaanse feministiese teorie kweek te min moederlike aandag, en spesifiek die afwesigheid van ’n band tussen moeder en seun, seksisme en “tradisionele manlikheid”.

Schoombie het werklike moorde nagevors, maar waarom word dié gedeeltes keer op keer as “gevallestudie” aangedui? “Laci en Connor” handel tog duidelik oor dié betrokkenes. Daarby verskil die lettertipe wat volg.

Tussenkoppe, soos “Laci en Connor”, is ook nie prikkelend nie. “Fetus op strand gevind” of “Sy bokbaardjie was blond gekleur” sou treffender gewees het.

Sommige hoofstukke kort inleidings. Waaroor handel dié een? wonder jy aanvanklik. As dit by niefiksie kom, behoort elke hoofstuk buitendien dieselfde formaat te hê. Sover moontlik.

Skrywers behoort teen bespiegeling of afleidings te waak. Ten spyte van ander se mening, is O.J. Simpson onskuldig bevind aan moord. Maar op bl. 11 word dit as feit gestel dat dié voetbalheld sy gewese vrou Nicole en ’n vriend vermoor het.

Tot die dood ons skei bevat ’n magdom boeiende feite. Soos dat aggressie grotendeels aangeleer is en dat die gevaar van intieme vrouemoord op sy grootste is wanneer ’n vrou pas haar verhouding beëindig of te kenne gegee het dat sy dit wil doen, of pas ná die egskeiding.

Schoombie se taalgebruik is goed. ’n Mens wonder net of die deursneeleser sal weet wat byvoorbeeld “In flagrante” (seksuele wangedrag) en “ekstrapolering” (’n projeksie op grond van beskikbare data) beteken.

’n Belangrike vraag word later beantwoord: Watter
eienskappe het iemand wat sy vrou vermoor? Gevaar­tekens en ’n strategie vir oorlewing kom ook voor.

Tot die dood ons skei is ’n verrykende leeservaring, maar beslis nie vir sensitiewe lesers nie.

* Koop die boek hier by takealot.

  • Riette Rust is ’n skrywer en vryskutresensent van Welgemoed in die Kaap.
Meer oor:  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.