Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nobelprys: Wenner vir letterkunde Donderdag bekend

Nadat die Nobelprys vir letterkunde die afgelope paar jaar by ’n verkragtingskandaal ingesleep is en meer as een wenner kritiek uitgelok het, word nou bespiegel oor wie Donderdag met die louere gaan wegstap.

Die name van skrywers soos die Karibies-Amerikaanse skrywer Jamaica Kincaid, die Kanadese digter Anne Carson en die Keniaanse skrywer Ngugi wa Thiong’o, die Hongaarse skrywer Péter Nádas en die Amerikaanse skrywer Thomas Pynchon word genoem.

Anne Carson
Jamaica Kincaid
Ngugi wa Thiong’o
Péter Nádas

Die Sweedse Akademie, wat dié prys toeken, is verlede jaar op die vingers getik toe die Oostenrykse skrywer Peter Handke die prys ontvang het.

Die Akademie, wat uit 18 lede bestaan, moes verduidelik waarom ’n skrywer gewen het wat die Serwiese president Slobodan Milosevic in die Balkan-oorlog gesteun het en die omvang van Serwiese terreur ontken het.

In 2016 het die Amerikaanse rocker en liedjieskrywer Bob Dylan die prys ontvang.

’n Verkragtingskandaal en aantygings van finansiële wanbestuur het die Akademie in 2017 genoop om die toekenning van die prys in 2018 uit te stel. Dit is die eerste keer in 70 jaar.

Een van die Akademielede, Katharina Frostenson, se man, Jean-Claude Arnault, is aan verkragting skuldig bevind. Frostenson het uit die Akademie getree nadat dit aan die lig gekom het dat sy die name van vorige wenners laat uitlek het.

Die Akademie is vernuwe en die Nobelstigting het die komitee opdrag gegee om vyf eksterne kundiges aan te stel wat kon help om die kandidate aan te wys wat verlede jaar en vanjaar op die paneel kon dien.

Kandidate wat vir die Nobelprys oorweeg word, word aanbeveel deur mense wat deur die Nobelpryskomitee uitgenooi word. ’n Skrywer kan nie haar- of homself benoem nie.

Die Sweed Alfred Nobel, wat dinamiet uitgevind het, het die toekenning van die Nobelprys in sy testament gestipuleer.

Dit is die eerste keer in 1901 toegeken. Die prys word in verskeie kategorieë toegeken: chemie, letterkunde, vrede, ekonomiese wetenskappe, fisiologie/geneeskunde en fisika.

Die Suid-Afrikaanse skrywers Nadine Gordimer en J.M. Coetzee het voorheen die Nobelprys vir letterkunde ontvang.

• Die wenner van die Nobelpryswenner word Donderdag om 13:00 bekend gemaak. Volg die aankondiging hier.

Meer oor:  Letterkunde  |  Boeke  |  Nobelprys Vir Letterkunde  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.