Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
N.P. van Wyk Louw se gedenklesing fokus op sy vroeë prosa
N.P. van Wyk Louw

Die vroeë prosa van die beroemde Afrikaanse digter N.P. van Wyk Louw is vanjaar die fokus van die jaarlikse N.P. van Wyk Louw-gedenklesing.

Dit word op 5 September deur die Universiteit van Johannesburg (UJ) se departement tale, kultuurstudies en toegepaste linguistiek aangebied.

Dr. Karin Cattell-Holden lewer die lesing getiteld “N.P. van Wyk Louw as veranderingsagent: ’n Kritiese kompleksiteitslens op sy vroeë prosa”.

Louw, wat in 1970 dood is, is die enigste Afrikaanse skrywer om ’n Hertzogprys-driekuns vir poësie, prosa en drama te wen.

Hy het as digter, essayis en kritikus verreikende vernuwing in die Afrikaanse letterkunde en literêre kritiek meegebring, sê Cattell-Holden.

“Sy onderskeid tussen ’n ‘koloniale’ en ‘nasionale’ letterkunde in Berigte te velde en Lojale verset (1939) het die grondslag vir die Beweging van Dertig gelê en sodoende getoon dat ’n verskuiwing vanaf ’n gevestigde (‘ideologiese’) literêre stelsel na ’n nuwe, allesomvattende (‘utopiese’) stelsel moontlik én lewensvatbaar is.”

In Cattell-Holden se lesing word ’n alternatiewe perspektief vir die heersende binêre benadering tot die “nasionale” letterkunde (in teenstelling tot die “koloniale” letterkunde) in dié twee bundels voorgestel.

“Die fokus rus op die ontluiking van die stelsel met spesifieke aandag aan Louw as hoofagent van die vernuwing. Die lesing sal toon dat Louw se vroeë prosa steeds ryk aan ontginningsmoontlikhede is en selfs byna ’n eeu later onverwagte winste aan nuwe begrip kan oplewer.”

* Die lesing begin om 18:30 vir 19:00.

Toegang is gratis.

Stuur ’n e-pos aan tarar@uj.ac.za of bel 011 559 4220 voor 30 Augustus om te bespreek.

’n Tolk is ook tydens die lesing beskikbaar.

* Die lesing word aangebied in die Madibeng-gebou op die Aucklandpark-kampus op die hoek van Kingswaylaan en Universiteitsweg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.