Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nugter en snaaks oor selfhelp

Self-Helpless

Rebecca Davis

PAN MACMILLAN, R285

Fiksie

Eers moet ek bieg. Ek het ’n swakplek vir selfhelpboeke en -foefies en -tegnieke en -goeters en -produkte.

Davis sal sê dis omdat ek in Kaapstad gebore is, want volgens haar het Kapenaars in die besonder ’n aantrekking tot dié klas van ding. Dit het egter in die laerskool begin toe ons in Koekenaap gewoon het. Ek het met my sakgeld van daardie studiegidse bestel wat hulle altyd agter in Huisgenoot geadverteer het. Ek wou beter doen en die gidse het ’n kortpad beloof.

Davis se boek was dus so reg in my kraal: ’n Kortpad, want sy sou namens my ’n hele klomp selfhelpgoed op die proef stel; dan kon ek self besluit watter daarvan bollie is en watter daarvan my lewe gaan verander.

Davis verduidelik vroeg in die boek sy het drank gelos en dat haar nuwe nugter lewe die vertrekpunt is vir die hele selfverbeteringsoefening.

Dis dan ook wat die leser ontvang: ’n nugter kyk na ’n lukrake klompie selfhelpaktiwiteite: van psigedeliese sampioene tot reise terug na vorige lewens en sweetsessies tot ’n besoek aan ’n sangoma tot ’n gespreksgroepie wat net oor die dood praat.

Ek het nie eens geweet van dié goed bestaan nie – ai, die wêreld is ’n wonderlike plek en Davis is ’n meesleurende gids deur die plaaslike selfhelplandskap.

Sy is nie sinies nie, wel skepties, soos dit ’n goeie joernalis betaam. Sy is eerlik oor haar vooroordele en waar hulle in die kol is en waar iets haar verras het. Dikwels is haar tong ook ferm in haar kies. Plek-plek is sy baie ernstig, maar meestal is sy doodeenvoudig vrek snaaks, veral oor haarself. En oor Kapenaars. Alles met deernis gedoen, natuurlik.

Ek het die boek so baie geniet dat ek beslis Davis se vorige boek gaan opspoor. Best White and Other Anxious Delusions klink of dit vol van die soort humor kan wees wat deurspek is met ongemaklike waarhede. Dié vrou kyk fyn.

* Koop die boek hier by takealot.

  • Helen Schöer is ’n vryskutresensent van Johannesburg.
Meer oor:  Rebecca Davis  |  Boeke  |  Self-Helpless  |  Boekresensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.