Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuttige gids tot liefde, seks en jou eks

Niefiksie

The Dot Spot

Dorothy Black

MF BOOKS/JACANA, R220

Die oudkollega wat die boek by my kom afgee, is traag om dit te oorhandig.

“Ek het solank daaraan begin lees. Kan ek hom by jou leen wanneer jy klaar is?” vra sy.

Die betrokke boek is The Dot Spot: Adventures in Love and Sex deur Dorothy Black, bekend om haar gelyknamige blog, rubrieke en radio-insetsels.

Black is dalk hoofsaaklik ’n seksskrywer, maar sy skryf ook wyer oor verhoudings in die algemeen.

Afgesien van die onderwerp, is dit haar benadering wat haar duisende lojale aanhangers besorg het.

Sy is simpatiek teenoor haar lesers en hul dilemmas, maar draai nie doekies om wanneer sy raad gee nie.

Haar styl is informeel en geselserig. Sy is die vriendin met wie jy al die sappige besonderhede deel (die een van wie jou ma nie eintlik hou nie) en wat jou die leviete voorlees wanneer jy te lank aankarring met daardie kêrel wat jou eintlik aan ’n lyntjie hou.

The Dot Spot word op die agterblad beskryf as ’n “master class in love, lust and kink”, en dit is akkuraat genoeg. Dit is ’n gids tot liefde, seks en verhoudings. Black deel haar eie ervarings, en is gaaf genoeg om haar ekse skuilname te gee.

In die hoofstuk oor verhoudings kyk sy onder meer na verskillende “alternatiewe” opsies: oop verhoudings en dies meer.

Wanneer Black oor seks skryf, praat sy oor sowel die fisieke as die emosionele aspekte daarvan. Sy bespreek ook praktiese oorwegings, en die “dinge wat jy wou weet, maar te bang was om oor te vra”, soos BDSM.

Ook belangrik is die hoofstuk oor hoe om na jou seksuele gesondheid om te sien.

Black delf diep in die nitty gritty van verhoudings – ja, daar is ’n afdeling oor speelgoed – maar haar boodskap bly deurgaans dieselfde: Sorg vir jouself. Behandel jou maat(s) met re­spek. Wees veilig. En, bowenal, geniet dit.

Louise Ferreira is ’n vryskutjoernalis van Johannesburg.

Meer oor:  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.