Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak

Só is ons gebek

Taalkundige essays Die oud-UWK-dosent Frank Hendricks noem sy Taalkundige essays: ’n Gerf uit die vroegskemer ’n “pennevrug uit die laaste agt jaar van my professionele loopbaan” en spreek die wens uit dat dié agt akademiese bydraes op vier terreine van die taalkunde – sintaksis, naamkunde, variasietaalkunde en ortografiese norme­ring – verdere taalkundige navorsing sal stimuleer. Prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch sê: “Die bydraes bied ’n nuwe perspektief op relevante aspekte van Afrikaans. Dit is oorspronklike navorsing en waardevolle leesstof vir nagraadse studente en kundiges in die betrokke vakgebied.”

Deel Zimbabwe in twee

Matabele Rising

Zimbabwe is nie één land nie, voer die skrywer en publisiteitskenner David Hilton Barber aan in dié boek, wat hy self uitgegee het. Hy beskryf Matabele Rising as ’n pleidooi om Zimbabwe deur middel van ’n onderhandelingsproses onder die Verenigde Nasies in twee federale state – Mashonaland en Mthwakazi (Matabeleland) – te verdeel en só ’n einde te bring aan die broeiende konflik tussen die Shonas en Ndebeles. Hy bekyk veral die lot van die Matabele-volk ná die dood van Lobengula, wie se koninkryk in 1893 deur Brits-Suid-Afrikaanse troepe binnegeval is.

Hoogverraadverhoor in kollig

Kwela se Pocket Revolutionaries-reeks het pas nog ’n titel ryker geword: In

If This Be Treason deel die politieke aktivis Helen Joseph haar persoonlike weergawe van die hoogverraadverhoor, ’n waterskeidingsoomblik in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Lesers kry ’n blik op die deursettingsvermoë en onderdrukking van die aangeklaagdes, asook op hul vroue en die mense wat hulle bygestaan het. Die boek is voorheen verbied en was nie in die land te kry nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.