Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak

Stropers se moses

Die berugte stroperskip Thunder het meer as tien jaar lank miljoene dollar uit bedreigde spesies gemaak, die seelewe vernietig én daarmee weggekom – totdat kapt. Peter Hammarstedt en die bemanning van die Bob Barker in Desember 2014 die misdadige gespuis oor drie oseane – ook in Suid-Afrikaanse waters – agternagesit en uiteindelik vasgetrek het. In Catching the Thunder: The Race to Save our Oceans from Poachers and Criminal Kingpins vertel twee bekroonde Noorweegse joernaliste die naelbytverhaal van ’n internasionale stroperynetwerk wat aan die kaak gestel is.

  • Die boek is deur Tafelberg uitgegee en kos R285 by boekwinkels.

Wekroep oor water

Suid-Afrika is ’n waterarm land waar die inwoners dringend hul denke oor en verhouding met dié kosbare hulpbron moet verander. Die skrywer-redakteur, akademikus en deesdae ook wateraktivis Helen Moffett deel in ’n bestek van 112 bladsye altesame 101 slim praktiese waterbesparingswenke wat élke Suid-Afrikaner behoort te lees en toe te pas – beslis nie net die mense in die drie provinsies wat amptelik tot rampgebied verklaar is nie.

  • Die boek is uitgegee deur Bookstorm en kos R130.

Raad vir praat

Om ’n openbare toespraak te skryf én te lewer, laat die meeste sterflinge sidder, maar die praktiese riglyne in die tweede uitgawe van Daan Prinsloo se Die toespraak – vir die spreker en die toespraakskrywer beloof om jou te help om dié taak sonder ’n padda in die keel of ’n bewerasie in die broek agter die rug te kry – of jy nou ’n leerling, student, onderwyser, predikant of sakeman is.

  • Die boek kos R220 by boekhandelaars en is uitgegee deur Protea Boekhuis.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.