Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak

De Vos en Grobler se strokies herdruk

Die veelbekroonde Philip de Vos en Piet Grob­ler se stuitige strokies vir volwassenes wat in die 1990’s op De Kat se agterblad verskyn het en in 1999 ook in boekvorm uitgegee is, is danksy Protea Boekhuis weer in druk, boonop in hardeband.

Kat se blad: Stuitige strokies bevat 38 strokiesverhale, verdeel in die afdelings “Speulse sprokies”, “Speelse sprokies”, “Plaaslike plesiertjies”, “Puur kultuur”, “Bybels en Babels” en “Gruwelike grotes”. Almal van Gouelokkies (wat uiteindelik in Girls’ Town eindig) tot Die Goortrekkers, Brolloks en Bittergal, Anna Karoonina, Toulouse Laurec en vyf Bybelverhale maak hier hul buiging, maar in ’n veel skerpsinniger, skreeusnaakse gedaante.

  • Die boek word uitgegee deur Protea Boekhuis en kos R170.

Leer Afrikaanse idiome met humor

Die grafiese ontwerper Kobus Galloway van Idees vol vrees-faam woeker al jare met Afrikaans se welbedeelde idiomeskat en maak weer so in Net die oortjies van die seekoei en ander Afrikaanse idiome wat pas by Zebra Press verskyn het.

Die boek bevat altesame 150 idiomatiese uitdrukkings met ’n humoristiese volkleur-illustrasie en kort betekenisverklaring wat jong taalgebruikers sal help om die idiome vas te lê, terwyl (party) volwasse lesers hulle sal verkneukel in die manier waarop woord en beeld teenoor mekaar afgespeel word.

  • Die boek word uitgegee deur Zebra Press en kos R180.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.