Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak
  • Aanhangers van Marita van der Vyver sal in die sewende hemel wees oor die verskyning van Retoer: Pretoria – Pro­vence: Die ongelooflike avonture van ’n skrywende ma, ’n bundel ­­essays en rubrieke wat nog nie voorheen in boekvorm verskyn het nie. Hierin skryf Van der Vyver met haar kenmerkende humor, deernis en eerlikheid oor onder meer die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariërs en die verskriklike vrees vir “verdagte knoppies” . . .

Dit word uitgegee deur Lapa en kos R160.

  • Kainsmerk is ’n versameling stories deur die topverkoperskrywer Annelie Botes wat meestal as kortverhale en vervolgverhale in tydskrifte verskyn het.

Hierin vertel sy van mense wat as brose wesens dikwels ’n teken van vervloeking – ’n Kainsmerk – in hul siel ronddra wat hulle vir die wêreld wil verberg. As spesiale bonus is Botes se immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd al uit druk is, ook in Kainsmerk opgeneem.

Dit kos R280 en is uitgegee deur Penguin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.