Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: 4 Engelse treffers

By die kasregister suig Suid-Afrikaanse Engelse fiksie dikwels aan die agterspeen, maar dié vier onlangse romans beloof om die bordjies te verhang.

1.The Hum of the Sun

In die Durbanse skrywer Kirsten Miller se roman val twee broers – die tiener Ash en sy outistiese jonger broer, Zuko – ná hul ma en tannie se dood sonder kos in die pad. Hulle wil hul pa in die stad gaan soek in die hoop dat hy aan hulle ’n tuiste sal bied. Zuko sien patrone in die wolke, die klippe en die boog van die son, en al kan hy nie praat nie, neurie hy die geluid van die son . . . Miller het met die manuskrip wat deur Kwela uitgegee is, die Wilbur en Niso Smith-prys vir die beste ongepubliseerde manuskrip gewen.

  • Die boek is uitgegee deur Kwela en kos R285 by goeie boekwinkels.

2.The Ones with Purpose

Nozizwe Cynthia Jele se debuutroman, Happiness is a Four-letter Word, is in 2011 in die Statebond se skrywerskompetisie as die beste debuutroman in die Afrika-streek aangewys. In haar nuwe boek moet Anele sin maak van haar suster Fikile se lewe nadat dié aan borskanker sterf en sy weens Fikile se afwesige man vir haar kinders moet sorg. Gaan haar lewe net so tragies soos haar suster s’n ontspoor?

  • Kwela is die uitgewer; die kleinhandelprys is R255.

3. The Boy Who Could Keep a Swan in His Head

Die advertensieghoeroe John Hunt se nuwe roman speel af in Hillbrow. Die 11-jarige hoofkarakter, Phen, hakkel, maar word gedwing om vinnig groot te word wanneer sy ernstig siek pa hom vra om vir hom uit sy gunstelingboeke voor te lees. Volgens die uitgewer sal lesers wat gaande was oor Life of Pi of John Boyne se The Boy in the Striped Pyjamas Hunt se jongste geniet.

  •  Die boek is uitgegee deur Umuzi en kos R260.

4. The Season of Glass

Rahla Xenopoulos se derde roman word deur Umuzi, Penguin se plaaslike druknaam, as haar “mees ambisieuse tot dusver” beskryf. In dié moderne Sjeherazade-verhaal word ’n tweeling in antieke Ethiopië gebore, maar van daar af neem die “verhaal vol ryk getekstureerde karakters” lesers op ’n avontuur van liefde en verraad wat spring van Spanje tot Jamaika en Viëtnam tot Johannesburg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.