Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: Baie drama aan die boekefront

Al is dramatekste berugte swak verkopers, sit Protea Boekhuis sy liefdestaak voort deur tot Junie vanjaar nie minder nie as vyf Afrikaanse toneelwerke uit te gee.

  • Marthinus Basson se produksie van Koningin Lear, die veelbekroonde Vlaamse skrywer Tom Lanoye se epiese herverbeelding van Shakespeare se King Lear, het ’n verstommende tien benoemings vir KKNK-Kanna-pryse in sewe kategorieë gekry.

Die Kanna-pryswenners word môre op ’n geleentheid in Kaapstad aangekondig.

Koningin Lear, deur Antjie Krog in Afrikaans vertaal, vertel die verhaal van Elizabeth Lear, ’n bejaarde sakevrou wat haar internasionale sakeryk onder haar drie seuns wil verdeel – míts hulle onder eed hulle liefde en trou aan haar verklaar.

Haar jongste en geliefde seun weier egter en ontketen só ’n familietwis. Die stuk lewer skerp kommentaar oor die hedendaagse sakewêreld waarin integriteit en lojaliteit skaarser as hoendertande is. Prys: R180

    • Marina Albertyn se veelbekroonde debuutdrama, Melk en vleis, en haar tweede stuk, Bloed en bodem, word beskryf as “plaasdramas oor grense, tradisies, grond en bloed”.

    In Melk & vleis, wat ’n ATKV-prys vir die mees grensverskuiwende werk en ’n Fiësta-prys vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks gewen het, los ’n suksesvolle aktuaris haar werk in die stad nadat sy verlief raak op ’n sjarmante jong boer. Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap en die familieplaas van ondergang te red, maar nadat ’n erfgenaam gebore word, begin dinge uitrafel op die plaas . . .

    Die uitgewer noem Bloed en bodem ’n “verhaal oor plaasaanvalle, grondbesit en die desperate nalatenskap van Afrikanermans wat nooit kon heel word nadat hulle aan die ‘verkeerde’ kant van die apartheidstryd geveg het nie”.

    Hierin besoek Jana haar pa en oom op die familieplaas, wat agteruit gaan omdat haar pa meer op die kroegstoel as die kerkbank sit. Een nag los hy in sy dronkenskap die hek oop en dit word ’n aand wat niemand sal vergeet nie . . . Prys: R180.

    • Protea Boekhuis publiseer aanstaande maand ook Malan Steyn se drama Bos wat in 2012 by die KKNK gedebuteer het. Dit handel oor ’n oorlewingskamp waar tien tieners spoke, demone, groepsdruk en ’n militaristiese onderwyser die hoof moet bied.

    In Junie kom twee toneelstukke deur Pieter Fourie aan die beurt: Boetman is die bliksem in en Gert Garries: ’n Baaisiekel Blues. Die prys van dié titels moet nog bevestig word.

    Meer oor:  Antjie Krog  |  Koningin Lear
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.