Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: Die wêreld ná mans

In ’n wildewragtig-wêreld wat wankel onder virusse en inperking is ’n vars vlaag distopiese romans byna gewaarborg. Eerste aan die beurt is Lauren Beukes se blinknuwe Afterland, wat van Maandag af aanlyn te koop is en op 9 April om 18:00 ook virtueel bekend gestel word.

Met haar trefferroman The Shining Girls (2013) wat al in ’n verstommende 26 tale vertaal is, verstaan ’n mens waarom geswore Lauren Beukes-aanhangers al letterlik hulle tande slyp vir die byna 400 blaaie van haar nuwe distopiese riller, Afterland.

Dié eg menslike verhaal wat in die nabye toekoms afspeel, fokus op Cole en haar 12-jarige seun, Miles, wat uit die VSA na Suid-Afrika probeer vlug, aanvanklik om weg te kom van Cole se bose suster, Billie, wat toe nie die tydelike met die ewige verwissel het soos wat Cole vermoed het nie.

Ná ’n verwoestende internasionale epidemie is Miles boonop een van net ’n handjie vol mans wat oor is in ’n wêreld wat nou volkome deur vroue beheer word – ook die navorsingsprogramme om die voortbestaan van die menslike ras te verseker. Dit maak van Miles ’n skaars en gesogte kommoditeit vir almal van die departement van mans wat hom in ewige kwarantyn wil plaas tot ’n spul mensehandelaars wat in seuns spesialiseer en ’n kultusgroep nonne vir wie hy die antwoord op hulle gebede is . . .

* Hoewel die digitale weergawe van môre af aanlyn te koop sal wees, sal die eerste gedrukte eksemplare waarskynlik eers teen Julie in boekwinkels land. Gaan na www.laurenbeukes.com of www.readinglist.click vir meer inligting.

Uitgewer: Umuzi. Prys: R290.

Meer oor:  Lauren Beukes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.