Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: Groot sports

Twee nuwe boeke beloof om sport-verslaafdes se dieper dors te les.

In sy langverwagte outobiografie in samewerking met die joernalis en skrywer Ernest Landheer vertel die sokkerafrigter Neil Tovey wat alles gebeur het sedert sy beskeie kinderjare in Durban tot daardie heuglike dag in 1996 toe hy, met oudpres. Nelson Mandela aan sy sy, die Afrikanasies-trofee bo sy kop kon lig. Tovey skryf in A Captain’s Journey onder meer oor sy tyd as kaptein van Kaizer Chiefs en Bafana Bafana en sy ervarings as breier en tegniese direkteur van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), maar vertel ook hoe hy twee hartaanvalle oorleef het én deel sy insigte oor leierskap en die huidige stand van sake in die plaaslike en internasionale sokkerwêreld. Die twee voorwoorde is geskryf deur Clive Barker en Kaizer Motaung. Uitgewer: Penguin. Prys: R230.

Die bekroonde joernaliste Luke Alfred en Ian Hawkey se Vuvuzela Dawn: 25 Sports Stories that Shaped a New Nation verskyn in dieselfde jaar dat Suid-Afrika ’n kwarteeu van demokrasie vier – ’n mylpaal wat vernaam in die sportwêreld vir groot omwentelinge en internasionale blootstelling gesorg het. Die stories wissel van Bafana Bafana se verowering van die Afrikanasiesbeker in 1996 en sportdramas soos Kamp Staaldraad en die Hansie Cronjé-knoeiskandaal tot die segetogte van onder andere Caster Semenya, Wayde van Niekerk, Benni McCarthy en Kevin Anderson. Lucas Radebe het die voorwoord geskryf. Uitgewer: Pan Macmillan. Prys: R295.

Meer oor:  Neil Tovey
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.