Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: Kinderboek-aanbod wek groot kommer

’n Mens verwag daar sal versigtig en verantwoordelik omgegaan word met die leesstof wat vir nege- tot 11-jariges gepubliseer word.

Al is dié teikengroep dikwels nog nie sterk lesers is nie, is hulle tog entoesiasties oor boeke – en kan narratief, illustrasies en aanbieding saam ’n deurslaggewende rol speel om ’n liefde vir lees by hulle te kweek. Tog vind ek die nuutste aanbod leesstof wat dít moet regkry, kommerwekkend . . .

Eben die ellendige eenhoring deur Koos Kombuis. Uitgewer: Naledi. Prys: R120.

Met sy eerste selfgeïllustreerde kinderboek takel Kombuis teenstrydige onderwerpe: die skeppingsverhaal en evolusie. Dis alles goed en wel, maar vir talle lesers sal dié boodskap verlore gaan en behoort die onderwerp van boeliegedrag of die klassieke Lelike Eendjie-tema genoeg te wees om in hul leesbehoeftes te voorsien.

Watter bydrae lewer die boek tot die Afrikaanse kinderliteratuur? Die illustrasies is ’n perd (of eenhoring) van ’n ander kleur. Dit lewer nie juis ’n bydrae tot visuele geletterdheidsontwikkeling nie en herinner aan die vetkrytpogings van jong, ongeoefende handjies. Sou ’n onbekende skrywer met hierdie kuns wegkom?

Die skandalige susters Smit deur Adeline Radloff met illustrasies deur Alex van Houwelingen. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R155.

Dié boek volg op Die boosaardige broers Botha (2018). Sara Sloot-Smit is die enigste, bevoorregte kind van twee besige ouers. Sy word nie saamgenooi op haar ouers se oorsese vakansie nie en moet by haar tannies gaan bly, al kan haar ouers hulle nie verdra nie.

Soos in ’n sprokie is haar vakansie ’n fees. Sy leer ’n rissiepit is iemand met ’n “spicy lewe”, ’n flerrie is “nie skaam oor hoe sy lyk nie en geniet haar skoonheid” en ’n feeks is “vol selfvertroue en hoef nie ander se ego’s te paai nie”. Soos in die storie van die Botha-broers kry ’n mens die idee Radloff se tong is stewig in haar kies en dat sy die draak steek met stereotiepe sitkom-gesinne.

Van Houwelingen se illustrasies vul die teks aan, maar ek het vrae oor sekere illustrasiekeuses. Sou ’n sensitiewe jong leser wat sukkel om haar plek in ’n besige gesin te vind emosioneel volwasse genoeg wees om die humor in die verhaal en illustrasies te snap en waardeer? Lewer hierdie boek ’n bydrae om ’n liefde vir lees en boeke te kweek? En indien dit bedoel is as satire, sal ’n ontwikkelende leser dit snap?

  • Magdel Vorster is ’n voormalige kinder­bibliotekaresse en eienaar van ’n kinderboekwinkel wat vir oorsese publikasies oor plaaslike boeke in dié genre skryf.
Meer oor:  Koos Kombuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.