Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: ’n Trio nuwe bio’s

Drie nuwe biografiese boeke vertel die storie van merkwaardige, dikwels miskende mense.

Jeanette Ferreira is die samesteller van Laramie: ’n Terugblik op Eugène N. Marais, wat verskyn met die herdenking van dié befaamde Suid-Afrikaner se geboorte 150 jaar gelede. Bydraes in die vorm van prosa, poësie en essays in die natuurwetenskappe, sielkunde, filosofie en geskiedenis deur onder andere Dominique Botha, Thomas Deacon, Clinton V. du Plessis, Hans du Plessis, Erik Holm, Daniel Hugo, Johann Lodewyk Marais, Jean Meiring, Johan Myburg, Chase Rhys, R.R. Ryger, Gerard Scharn, Carel van der Merwe, Christo van der Westhuizen, Ernst van Jaarsveld en Cas Vos is opgeneem.

  • Bestel die boek aanlyn by www.minimalpress.co.za (klik bo op “Shop”).
  • Uitgewer: Minimal Press. Prys: R280.

As jy iewers die afgelope vier dekades gereeld by die Stellenbosse dorpsbiblioteek ’n draai gemaak het, weet jy waarskynlik van die merkwaardige Anton Müller, wat vanjaar sy 42ste jaar as rakbeampte daar werk. Müller, by wie daar in 1962 as driejarige ’n ernstige graad van outisme gediagnoseer is – hy is as “onopvoedbaar” geklassifiseer – het drie jaar gelede sy herinnerings begin neerskryf en dit verskyn onder die titel Ek onthou: ’n Outistiese seun se lewensreis.

  • WhatsApp dan die betaalbewys saam met jou naam en straatadres aan dr. C Müller by 082 920 9398.
  • Uitgewer: Flyleaf Publishing. Prys: R240.

Michael le Cordeur vertel in Davy Samaai: Kampioen van die struggle die lewensverhaal van wyle David Samaai, die eerste swart tennisspeler van Suid-Afrika wat sy debuut op Wimbledon gemaak het. Samaai was ook bekend as musikant, onderwyser en gemeenskapsleier wat volgens sy broer Ivan destyds geglo het onderwys was die enigste manier om uit apartheid te ontsnap. Die boek, wat ook in Engels verskyn onder die titel Davy Samaai: The People’s Champion, bevat ’n menigte foto’s en koerantknipsels en die publikasie is moontlik gemaak deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en die Universiteit Stellenbosch.

  • Besoek www.naledi.online of kontak Tertia Swart by 078 648 8616 of tertiaswart@naledi. online om die boek per koerier te bestel.
  • Uitgewer: Naledi: R220.
Meer oor:  Nuut Op Op Die Rak  |  Biografieë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.