Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: ’n Trio nuwe leesgoed
    • Die mans van die 21ste eeu is in groot moeilikheid, beweer die joernalis, skrywer en Jungiaanse kenner wyle Cas van Rensburg in sy nuwe boek, Mans en hulle wonde, wat hy in 2014 ten tyde van die Oscar Pistorius-hofsaak voltooi het en wat nou deur sy vriendin Petrovna Metelerkamp geredigeer, toegankliker gemaak en uitgegee is. Van Rensburg, wat gereeld vir Rapport boekresensies geskryf het, sê ter inleiding “dit is goed om te besef dat die man van die vroegste tye af reeds ’n inherente probleem het met sy geslagtelikheid, sy lyflikheid, ’n onsekerheid oor sy rol as man en, les bes, met sy angs oor die hele kwessie van manwees te midde van allerlei verwagtings. Hy was nog altyd óf held óf boef, óf man óf muis, maar selde net méns. Met gevoelens”.
    • Mans se barbaarse gewelddadigheid is onder meer te wyte aan ’n onderliggende, onderdrukte vrees vir en woede jeens vroue (ook die vrou binne hulleself) en die feit dat hulle onveilig en onseker voel in ’n moderne samelewing. ’n Resensie verskyn eersdaags op die boekeblad.
      • Die bekroonde Afrikaanse profiel- en rubriekskrywer Murray La Vita deel in Boodskapper van die gode: Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur altesame 104 rubrieke, sketse en essays waarin die ongewone en aweregse sentraal staan en waarin ervarings uit sy kinderdae en jeug afgewissel word met belewenisse tydens reise na stede soos New York, Parys, Rome en Amsterdam. Hoewel die leser melancholie, weerloosheid en selfs gebrokenheid in hierdie keur van stories sal aantref, is daar ook heerlike humor en absurditeite. Uitgewer: Lapa. Prys: R230.
        • Grondwater, die negende digbundel van die gevestigde Stellenbosse digter, skilder en vertaler Marlise Joubert, sit volgens die uitgewer die temas van haar vorige werk voort, maar met ’n nuwe stel lewenservaringe wat dit laat aansluit by die groeiene tradisie in Afrikaanse laatwerk. Die bundel spreek van die digter se terugblik op ’n leeftyd, die besef van eie sterflikheid en die ontginningsproses van die biologiese en psigologiese wortels van die mens, van die impak van ouerfigure en veral van die gestorwe moeder. Hou Rapport se boekeblad dop vir ’n resensie. Uitgewer: Protea Boekhuis. Prys: R160.
        Meer oor:  Murray La Vita  |  Grondwater
        MyStem: Het jy meer op die hart?

        Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

        Ons kommentaarbeleid

        Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

        Stemme

        Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.